Powered by RND
PodcastsBusinessGeldGeheime

GeldGeheime

Voelgoed Media
GeldGeheime
Latest episode

Available Episodes

5 of 6
  • Vyf ROOI LIGTE wat jou kan help om ʼn beleggingsbedrogspul uit te ken [EPISODE 6]
    Hoe ken jy ʼn beleggingsfoefie uit? Jy moet waaksaam, ingelig en realisties wees wanneer jy ʼn belegging maak om jou geld te beskerm. Wees op die uitkyk vir die vyf grootste gevaartekens om ʼn beleggingsbedrogspul te identifiseer.Ons kyk na die waarskuwingstekens en Mia gee joupraktiese gereedskap om jouself te beskerm.• Die 1ste rooi lig is dat dit te goed klink om waar te wees• Die 2de rooi lig is dat die adviseur of bemarker van die belegging nie gereguleer word nie• Die 3rde rooi lig is dat die belegging self nie gereguleer word nie• Die 4de rooi lig is dat daar druk op jou geplaas word om dringend op te tree• Die 5de rooi lig is ongewone betaalmetodesKontak Mia gerus by [email protected] sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik.MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur byKruger Internasionaal en #𝗚𝗲𝗹𝗱𝗚𝗲𝗵𝗲𝗶𝗺𝗲 word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot opdie pad na finansiële sorgvryheid – https://krugerinternasionaal.co.za
    --------  
    12:21
  • Vermy die volgende 10 SLAGGATE wanneer jy vir aftrede spaar [Episode 5]
    Om te spaar vir aftrede is ʼn lang en aanhoudende reis met baie uitdagings langs die pad. As jy die volgende 10 slaggate vermy sal jy suksesvol na jouself kan omsien wanneer jy die dag aftree. Jy moet genoeg spaar om jou finansieel te dra deur ’n aftrede wat maklik 35 jaar of langer kan duur. Hoe vroeër jy begin spaar, hoe groter is jou voordeel. Dis belangrik om volgehou te spaar én om meer opsy te sit as wat jy dalk aanvanklik sou verwag.• Die 1ste slaggat is om te lank wag voordat jy begin spaar• Die 2de slaggat is om nie vir die negatiewe uitwerking van inflasie te beplan nie• Die 3rde slaggat is om te onderskat hoeveel geld jy vir aftrede gaan nodig hê• Die 4de slaggat is om nie konsekwent aan te hou spaar nie• Die 5de slaggat is om geld uit jou pensioenfonds te onttrek• Die 6de slaggat is om te vroeg af te tree • Die 7de slaggat is om te vroeg in aftrede te veel te onttrek• Die 8ste slaggat is om nie vir langlewendheid te beplan nie• Die 9de slaggat is swak diversifikasie in jou aftree portefeulje• Die 10de slaggat is om met skuld af te treeMIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal en #𝗚𝗲𝗹𝗱𝗚𝗲𝗵𝗲𝗶𝗺𝗲 word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële sorgvryheid – https://krugerinternasionaal.co.zaKontak Mia gerus by [email protected] sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik.
    --------  
    15:37
  • Weet jy hoeveel geld jy vir aftrede moet spaar? [Episode 4]
    Om te spaar vir aftrede wanneer jy nie meer kan werk nie is noodsaaklik en dit bly die meeste mense se heel belangrikste beleggingsdoelwit. Weet jy hoeveel geld jy vir aftrede moet spaar?Jou lewensverwagting word al hoe langer en dit beteken jy moet genoeg geld spaar om jou vir die res van jou lewe te dra. Hoe vroeër jy begin spaar, hoe beter. Jy moet deurlopend spaar en heelwat meer wegsit as wat jy mag dink.·       Min mense kan dit bekostig om af te tree.·       Die outydse gedagte van aftrede kom uit die 19de eeu.·       Lewensverwagting word al langer en mense leef tot ouer as 100.·       Die R4,000 per miljoen onttrekkingsriglyn om jou geld te laat hou.·       Hoe vroeër jy begin spaar, hoe beter is jy daaraan toe.·       Moenie geld van ʼn oumens af steel nie. ·       Maak gebruik van belastingvriendelike beleggingstrukture om vir aftrede te spaar.·       Stap hierdie uitdagende pad saam met ʼn kundige en betroubare adviseur.Kontak Mia gerus by [email protected] sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik.MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal en #GeldGeheime word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële sorgvryheid – https://krugerinternasionaal.co.za
    --------  
    11:28
  • Alles wat jy moet weet om regtig te begin SPAAR [Episode 3]
    Om te spaar is om geld weg te sit vir die toekoms in plaas daarvan om dit dadelik te gebruik. Om te spaar is ook om spaarsamig en slim te leef sodat jy minder geld uitgee en meer het om vir jouself te hou. Dit is hoe ʼn mens voorbereiding tref vir toekomstige behoefte, vir noodgevalle of bepaalde doelwitte. ·      Jy het ʼn begroting nodig om seker te maak jy het geld om te spaar·       Wenke om spaarsamig te leef:o   Kanselleer maandelikse subskripsieso   Maak self kos ipv uiteet en wegneemeteso   Maak van lojaliteitsprogramme gebruiko   Vermy impulsiewe kopieso   Oorweeg ʼn saamryklubo   Oorweeg dit om jou leefstyl af te skaalo   Verkoop onnodige en ongebruikte goedere ·       Waarvoor spaar jy?o   Noodfondso   Om skuld af te betaal is die beste belegging!o   Spaar vir aftrede of jou oudag wanneer jy nie meer kan werk nie.o   Spaar vir groot uitgawes soos selfone, kar, huis.o   Spaar vir kinders se opvoeding of universiteit.o   Spaar vir vakansies of spesiale ervarings. ·       Spaar jou geld op ʼn veilige en toeganklike plek. Kontak Mia gerus by [email protected] sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik. MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal en #GeldGeheime word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële sorgvryheid – https://krugerinternasionaal.co.za
    --------  
    11:06
  • Tien praktiese stappe om jou skuld te oorwin en skuldvry te leef [Episode 2]
    Solank as wat jy skuld het, is dit feitlik onmoontlik om welvaart te begin opbou. Skuld bring ook dikwels emosionele spanning mee. As jy werklik welvaart wil skep en ’n finansieel sorgvrye lewe wil lei, moet jy eers jou skuld afbetaal. Om skuld af te betaal, bly een van die beste beleggings wat jy kan maak! Luister saam vir 10 praktiese stappe om jou te help om skuldvry te leef! ·       Die 1ste stap is om te weet wat jy skuld·       Die 2de stap is om seker te maak jou begroting is op datum·       Die 3de stap is om onnodige uitgawes te snoei·       Die 4de stap is om jou skuld nou met ʼn doeltreffende strategie te begin afbetaal·       Die 5de stap is om met jou krediteure te onderhandel en skuld te konsolideer·       Die 6de stap is om enige nuwe skuld te vermy·       Die 7de stap is om jou inkomste te vermeerder·       Die 8ste stap is om ʼn noodfonds op te bou·       Die 9de stap is om boek te hou van jou vordering en gemotiveerd te bly·       Die 10de en laaste stap is om konsekwent en geduldig te bly Kontak Mia gerus by [email protected] sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik. MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal en #GeldGeheime word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële sorgvryheid – https://krugerinternasionaal.co.za
    --------  
    11:11

More Business podcasts

About GeldGeheime

Met hierdie podsending gaan Mia Kriegler, direkteur by Kruger Internasionaal, die geheime van hoe om met geld te werk vir vroue oopsluit. Alle kennis en tydlose beginsels bly 'n geheim totdat iemand dit vir jou geleer het.
Podcast website

Listen to GeldGeheime, A Bit of Optimism and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features
Social
v7.23.1 | © 2007-2025 radio.de GmbH
Generated: 8/18/2025 - 12:17:00 PM