PodcastsSociety & CultureNARRATIEF MET BOUWER BOSCH

NARRATIEF MET BOUWER BOSCH

NARRATIEF MET BOUWER BOSCH
NARRATIEF MET BOUWER BOSCH
Latest episode

124 episodes

  • NARRATIEF MET BOUWER BOSCH

    EPISODE 124: CHRISTO DAVIDS (AKTEUR, SKRYWER & REGISSEUR)

    2026/1/29 | 55 mins.
    Christo Davids betower kykers met sy ongelooflike toneelspel van die ouderdom van 11 af. Jy ken hom dalk van 7de Laan af maar sy werk agter die kamera en op verhoë is wat hom een van ons land se uitskieter storievertellers maak. Ek en Christo het oor sy loopbaan, sy familie, en hoekom ons dink teater regisseurs maak die beste TV shows op die oomblik gesels.
  • NARRATIEF MET BOUWER BOSCH

    EPISODE 123: IVAN BOTHA & DONNALEE ROBERTS (TV & ROLPRENTMAKERS

    2026/1/21 | 1h 7 mins.
    Ivan en Donnalee is beslis fakkeldraers as dit kom by TV en rolprente maak. Van Bakgat 1 tot Bakgat 3, Vir Altyd, Pad na Jou Hart, Stroom Op, Blindelings, Beurtkrag en 'n verhoogproduksie ook hier en daar is hulle vervaardigers wat beslis nie terugstaan vir uitdagings nie. Hul nuutste show "Eenkeer om die son" se tweede seisoen het pas op Kyknet begin en beloof om net so rou en eerlik soos die eerste seisoen te wees.
    Ivan en Donnalee deel in hierdie episode hul prosesse, uitdagings van ouerskap en ook hul liefde vir die lewe en stories.Jy kan "Eenkeer om die son" elke Dinsdagaand om 20:00 Kyknet, kanaal 144 op DSTV sien.
  • NARRATIEF MET BOUWER BOSCH

    EPISODE 122: FREEK ROBINSON (JOERNALIS)

    2025/12/22 | 56 mins.
    Freek Robinson is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde en herkenbare joernaliste. ’n Joernalis en aanbieder wie se rustige gesag, skerpsinnige ondervraging en diep gevoel vir openbare diens die land se televisienuus oor dekades help vorm het. Freek Robinson is nie net deel van Suid-Afrikaanse mediageskiedenis nie, hy het dit help skryf.
    Met ’n loopbaan van meer as 50 jaar het Robinson ’n vertroude nasionale stem geword tydens van Suid-Afrika se mees onstuimige en transformerende tydperke. Van die laaste jare van apartheid, deur die geboorte van demokrasie, tot die moderne era, het hy presidente, leiers, sakelui, invloedrykes en gewone Suid-Afrikaners ondervra, altyd met dieselfde fokus, aanspreeklikheid, duidelikheid en waarheid.
    Freek was die gespreksleier tydens die eerste openbare debat tussen FW de Klerk en Nelson Mandela in 1994 wat deur 800 miljoen mense wêreldwyd gekyk is.
    In ’n era van waar algoritmes en kitsmenings al hoe meer populr word, word word die Freek Robinson's van vandag ook minder. Freek groet die joernalistieke bedryf na 50 jaar se diens en hy kom deel 'n paar van sy stories uit sy lewe met ons.
    As jy van hierdie gesprek gehou het, onthou om hom met jou vriende en familie te deel.
  • NARRATIEF MET BOUWER BOSCH

    EPISODE 121: EBEN ETZEBETH (SPRINGBOK-RUGBYSPELER)

    2025/12/05 | 31 mins.
    Eben Etzebeth (gebore 29 Oktober 1991 in Kaapstad) is een van die mees gevreesde slotte in wêreldrugby . ’n Lynstaan-reus, ’n verdedigingstoring en ’n tweeledige Wêreldbekerwenner saam die Springbokke (2019 & 2023).
    Hy het in 2012 sy toetsdebuut gemaak en het sedertdien die rekord vir die meeste wedstryde deur ’n Springbokspeler vervolmaak. Van Goodwood tot wêreldverhoog. Sy pad was alles behalwe maklik.
    Nou keer hy die bladsye om op sy eie lewe. In sy nuwe boek “Ten Slotte” (die Engelse weergawe: Unlocked) vertel Eben vir die eerste keer openhartig van sy reis: die kinderdae, die slytasie, die vreugdes, die pyn, die kleedkamerstories en die eer om die groen en goud te dra.
    “Ten Slotte” gee ’n rou, eerlike en intense kyk in die lewe van ’n rugby ikoon. Nie net die speler nie, maar die mens agter die pak slae en die oorwinnings

    "Ten Slotte" is landswyd beskikbaar by jou naaste boekwinkel.
    Baie dankie aan Jonathan Ball Uitgewers wat hierdie gesprek moontlik gemaak het.
  • NARRATIEF MET BOUWER BOSCH

    EPISODE 120: LUAN & LOURENS JACOBS (FILMMAKER & FORMER HEAD OF SECURITY FOR NELSON MANDELA)

    2025/10/08 | 1h 8 mins.
    Well known South African actor Luan Jacobs came to visit the show with his father Lourens Jacobs who was the head of security for former presidents, FW de Klerk, Nelson Mandela and Thabo Mbeki.

    They recently made a Silwerskerm documentary called "Verander" about the challenges and changes South Africa faced during the forming of our democracy between 1990 and 1994 and how Louren's life has been one of serving beyond measures. The doccy is heartwarming, touching and very introspective at times, especially if you are South African. The doccy is now on DSTV catchup, but will soon be on Showmax.
    It was humbling to experience the love and respect these two have for each other and how they could navigate through all the personal challenges that came with Louren's job and life.
    I commented on Lourens's life about it being one of serving others and I truly believe by serving others in South Africa our contry will become healthier, better, stronger and more united than ever.

More Society & Culture podcasts

About NARRATIEF MET BOUWER BOSCH

Gesprekke oor narratiewe, idees, geloof en sommer net die uitdagings van om ’n mens te wees.
Podcast website

Listen to NARRATIEF MET BOUWER BOSCH, Modern Wisdom and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features
Social
v8.4.0 | © 2007-2026 radio.de GmbH
Generated: 2/4/2026 - 6:01:18 AM