Skip to content
Radio Logo
PodcastsComedyHASSSEL PODCAST

HASSSEL PODCAST

Bennie Fourie, Schalk Bezuidenhout and JJ Osborne
Latest episode

2 episodes

  • HASSSEL PODCAST

    Francois van Coke | EP2 | Rock, Boks en Blokfluit

    2026/11/18 | 58 mins.
    Ons volgende kliënt is niemand anders nie as die rockster en bokser Francois van Coke! Hy is moeg daarvoor om ná al die jare op honderde duisende mense te skree.
    Van sy skoolrapport en blokfluit tot die dag toe hy vir Derick gemoer het, volgens hom een van die beste dae van sy lewe!
    Bennie en Schalk delf ’n bietjie dieper in Francois se verlede en probeer uitvind of hy dalk iets wegsteek wat hulle vir ’n nuwe loopbaan kan gebruik.
    So ver is die HASSSEL-startup nog aan die gang en besigheid loop! Maar het ons nóg ’n gelukkige customer?
    Francois, dis rof daar buite. Dis tyd om te pivot!
    HASSSEL is vervaardig deur: JJ Osborne, Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout.
  • HASSSEL PODCAST

    De Klerk Oelofse | EP1 | Partytrieks, Geld en Sy Derde Enetjie

    2026/11/11 | 52 mins.
    Ons eerste gas is die akteur, vervaardiger en regisseur De Klerk Oelofse! Tyd vir ’n nuwe loopbaan en nóg ’n titel op De Klerk se CV.
    De Klerk kom kuier en deel hopeloos te veel, met ’n klomp belaglike stories wat die HASSSEL-span sommer baie inligting gee om mee te werk wanneer hulle vir hom ’n nuwe rigting probeer vind.
    Bennie en Schalk vra vir De Klerk om oop kaarte te speel met ongemaklike vrae oor sy netto waarde, sy eerste werkskontrak en nog vele meer. De Klerk skrik nie en vertel alles, selfs van sy derde enetjie!
    De Klerk, dis rof daar buite. Dis tyd om te pivot!
    HASSSEL met Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout.
    Vervaardig deur: JJ Osborne, Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout.
More Comedy podcasts
About HASSSEL PODCAST
HASSSEL is ’n podcast waar Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout vir bekendes ’n nuwe loopbaan vind. Langs die pad leer ons die gaste beter ken, hoor meer oor hul verlede en ontdek ’n paar interessante stories. En natuurlik kry hulle ’n splinternuwe loopbaan én ’n lekker vet faktuur vir die dienste gelewer. Dit alles, of hulle nou daarvoor gevra het of nie, en of hulle daarvan hou of nie. Dis rof daar buite. Dis tyd om te pivot! Vervaardig deur: JJ Osborne, Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout.
Podcast website

Listen to HASSSEL PODCAST, Brooke and Jeffrey: Second Date Update and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features