PodcastsKids & FamilyGrenslose geselsies met Marisa

Grenslose geselsies met Marisa

SB Trust
Grenslose geselsies met Marisa
Latest episode

12 episodes

  • Grenslose geselsies met Marisa

    Afrikaners wat emigreer sê gereeld dat hulle in hul nuwe lande gekonfronteer word

    2026/2/23 | 27 mins.
    Hoewel ouers in hul nuwe werkplekke hierdeur uitgedaag word, is dit juis ons kinders wat die meeste interne konflik hieroor ervaar. In hierdie episode van Grenslose Geselsies klop ons aan by dr. Wikus Buys met ʼn paar moeilike vrae oor geloofsbehoud, waardes en ons identiteit as Christene in ʼn nuwe wêreld. MyHartland - Jou virtuele kultuurtuiste
  • Grenslose geselsies met Marisa

    Hart tot hart saam met @Komyn & Komyntjie

    2026/1/29 | 23 mins.
    Op sosiale media deel @Komyn & Komyntjie gereeld brokkies oor haar lewe – eerlik, eg, eenvoudig en met ‘n bietjie hoop. In vandag se episode van Grenslose Geselsies hoor gesels ons oor haar geloofspad, ma-wees in ‘n vreemde land, en hoe sy haar Afrikaanse identiteit verdiep het. Kom kuier saam. MyHartland - Jou virtuele kultuurtuiste
  • Grenslose geselsies met Marisa

    Afrikaners in die buiteland | ‘KarooKiwi’ maak hart oop oor emigrasiereis

    2026/1/13 | 20 mins.
    In dié episode van Grenslose Geselsies praat Marisa Engelbrecht met Abré van Wyk oor sy emigrasiereis van die Karoo na Nieu-Seeland. MyHartland - Jou virtuele kultuurtuiste
  • Grenslose geselsies met Marisa

    'Huis is waar ons as gesin saam is'

    2025/12/17 | 16 mins.
    Toe haar man vir meer as ‘n jaar gesukkel het om in Suid-Afrika werk te kry, is die Richardson-gesin gedwing om hul vlerke wyer uit te strek, en binne twee weke het haar man ‘n pos in Londen gehad.

    Terwyl hy daar vir sy gesin ‘n nuwe begin geskep het, het sy hier in Suid-Afrika alles voorberei vir die volgende hoofstuk in die jong gesin se storie.

    Hierdie hoofstuk is vol onsekerheid, hartseer en opgewondenheid, net soos díévan soveel ander Afrikaners.

    In vandag se Grenslose Geselsies praat Marisa Engelbrecht met Felicia Richardson oor afskeid, hereniging en hervestiging. MyHartland - Jou virtuele kultuurtuiste
  • Grenslose geselsies met Marisa

    Kersfees in twee lande – die ware lig in die vreemde

    2025/12/17 | 12 mins.
    Dis Kersoggend. In Suid-Afrika word die tafels ná kerk gedek vir ’n tradisionele feesmaal van skaapboud, gebraaide aartappels en heerlike bykosse. Dis lekker warm buite, die kinders swem en hardloop kaalvoet op die gras.

    In Kanada word dit eers laat lig. Op die stoep lê die sneeu dik, en binne brand die kaggel sag. Buite is mense wat ysskaats, sneeumanne bou en sleë ry.



    Dit is twee uiterste wêrelde...Maar iewers tussenin lê dieselfde verlange.

    In dié episode van Grenslose geselsies praat Marisa met Henk Schalekamp – sakeman en spreker, wat vir ons die lig na die ware boodskap van Kersfees skyn. MyHartland - Jou virtuele kultuurtuiste

More Kids & Family podcasts

About Grenslose geselsies met Marisa

Grenslose Geselsies is ’n podsending van MyHartland, die virtuele kultuurtuiste van die Afrikaner in die buiteland. In dié podsending gesels ons oor emigrasie en alles wat daarmee gepaard gaan. Ons praat ook oor taal, kultuur, familie, werk en geloof - soms met ’n lag en ander kere met ’n traan. Moet dit nie misloop nie!
Podcast website

Listen to Grenslose geselsies met Marisa, Wow in the World and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features
Social
v8.6.0 | © 2007-2026 radio.de GmbH
Generated: 2/24/2026 - 5:30:54 AM