Powered by RND

Siel

Afrikaans.Radio
Siel
Latest episode

Available Episodes

5 of 14
  • Fokus en Helderheid in die oomblik
    Ons is bevoorreg om in hierdie tye te weet dat, as ons gedagtes gefokus is, ons beter werk en presteer. Die wete dat elkeen van ons ‘n doel het in die lewe, geld as inspirasie om daagliks die beste na te streef. Hierdie meditasie is uiters eenvoudig, maar leer dit aan en doen dit gereeld wanneer jy voel jou aandag dwaal, terwyl jy studeer of werk. Afrikaans.Radio · siel
    --------  
    2:51
  • Sukses
    Die meeste mense werk en woeker in die lewe. Nie om dowe neute nie, maar om iets te bereik. Meestal sukses. En die redes daarvoor is legio, maar hoofsaaklik wil mens ‘n verskil maak. Tydens hierdie meditasie kan jy jou talente, sterkpunte en vaardighede herontdek, want dit alles is alreeds diep binne jou. Afrikaans.Radio · siel
    --------  
    11:40
  • Oorvloed
    Wat is oorvloed? DIT IS WANNEER JY GENOEG HET. Absoluut geen gebrek. Genoeg om te kan uitdeel sonder om te dink dit sal opraak. Oorvloed kan baie vorme aanneem, byvoorbeeld in lewensmiddele soos geld of goed, kos in jou koskas, maar ook deur ‘n verrykte gees, waarmee jy liefde, geduld of die lig binne jou, kan uitdeel. Dink aan momente waarin jy sê “My hart loop oor”… Kom ons mediteer nou, om oorvloed, abundance lewendig te maak in ons lewens. Afrikaans.Radio · siel
    --------  
    18:58
  • Selfliefde
    Selfliefde word dikwels verwar met ‘n ongesonde liefde vir jouself, soos selfsug, hebsug, ydelheid, verwaandheid, egotisme of narcissime. Gesonde selfliefde is baie nodig vir ons bestaan, voortbestaan, gesonde konflikhantering, ens. Dis ‘n basiese menslike noodsaaklikheid om na jouself om te sien, jouself te respekteer, jou naaste lief te he soos jouself, soos ons in die Bybel lees. Gesonde selfliefde kring uit en wanneer jy dit leef, beoefen, is jy ‘n inspirasie vir almal om jou. Voordat ons hieroor mediteer, fokus op die sewe gedagtes hoe om in jou daaglikse handel en wandel by selfliefde uit te kom: 1. Wees bewus van jou unieke menswees 2. Vermy negatiewe self-talk, negatiewe gedagtes jeens jouself 3. Wees sag met jouself 4. Focus om te groei as person 5. Se nee en stel grense 6. Beoefen daagliks selfsorg 7. Vier jou prestasies Afrikaans.Radio · siel
    --------  
    11:25
  • Om te laat gaan
    Leegmaak. Ons kry seer, omdat ons diep binne onsself weet wie ons is maar dit verloen. Rumi het geleef in die 13de eeu en hy het gese: You wander from room to room hunting for the diamond necklace that is already around your neck. Daar is geen maklike manier om te laat gaan nie. As dit was, het ons almal dit meer en makliker gedoen. Die groot issue is, dat daar soms oor ‘n miljoen dinge is wat mens wil laat gaan. Om nie van al die redes te praat nie. Dis hoekom ons met vakansie gaan: dis daardie behoefte om weg te breek. Hierdie kort meditasie gaan jou help om te laat gaan, te release. Jy kan dit daagliks doen, en elke keer ‘n ander kwessie/issue identifiseer wat jy wil laat gaan. Wanneer ons fokus op die verlede en wie ons was en verkeerde keuses uit die verlede, verloor ons tred met ons outentieke self in die huidige moment. Die proses van laat gaan, help jou om die verlede te los waar dit hoort en voluit deel te wees van genesing. Afrikaans.Radio · siel
    --------  
    5:01

More Health & Wellness podcasts

About Siel

Siel is jou gids na rustigheid en balans. Hierdie Afrikaanse meditasie-reeks bied ’n verskeidenheid oefeninge om jou gedagtes stil te maak, stres te verminder, en jou te help fokus op wat regtig belangrik is. Siel – Vind jou stilte in Afrikaans. Elke meditasie by Siel is ontwerp om jou innerlike wêreld te verken en jou te help om balans te vind, waar jy ook al is. Of jy wil afskakel ná ’n lang dag of net weer in voeling kom met jou gedagtes, Siel is daar om jou te lei. Afrikaanse Meditasies deur Greta van Rensburg. Die Meditasies is nie gekoppel aan enige geloof en is nie indringend nie.
Podcast website

Listen to Siel, Chasing Life and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features

Siel: Podcasts in Family

Social
v7.18.5 | © 2007-2025 radio.de GmbH
Generated: 6/16/2025 - 1:00:51 AM