209 episodes
- Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak.
𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/
Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die stories en passie wat in elke bottel vasgevang is. Dis die eerste 𝗞𝗟𝗘𝗧𝗦 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝗚𝗹𝗮𝘀..
𝗡𝗼𝗴 𝗻𝗶𝗲 ‘𝗻 𝗸𝗮𝗮𝗿𝘁𝗷𝗶𝗲 𝗻𝗶𝗲? Gebruik die skakel onder om te bespreek en te betaal. Daar is net ‘n paar sitplekke oor, bespreek nou: https://afrikaans.radio/bartho-eksteen-29-oktober-2026/
Dis wyn en waarheid.
Dis passie in ‘n bottel.
Dis ‘n paar stoele wat nog wag.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube - 𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳.
Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk.
Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig te hou as om die mense te beskerm wat hulle betaal. Veiligheid is mos 'n prioriteit. Net nie joune nie.
Dan skuif ons na die wêreldverhoog. Wit kruise word geplant in die agterplaas van die Withuis, en skielik is moord op 'n klein groep mense in Suid-Afrika op die grootste verhoog ter wêreld. Maar, natuurlik nie sonder 'g groot mate van kritiek nie.
Die Madlanga-kommissie duur voort. Ons luister, ons knik… en ons wonder of ons werklik reg was om al die "waarheid" te wou hoor.
Dis AK47's en agterplase.
Dis ministers en lyfwagte.
Dis kruise en kommissies.
Dis die waarheid, of ten minste die weergawe wat ons kon hanteer.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube - Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel, elke dag. Dit is die werklikheid.
𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-260-waaksaam-welvarend-en-windgat/
Johannesburg, Durban en Kaapstad is drie van die tien onveiligste stede op die planeet. Dit kom ook net weke na Vrouemaand, die maand toe GBV in byna elke gesprek gesit het. En toe, amper of dit vir bewyse gewag het, kom die nuus uit Ekurhuleni: die polisie ondersoek nou of nege vrouemoorde die werk van een persoon is.
Ons het 'n wyle terug met Dr Micki Pistorius gesels oor presies wat 'n reeksmoordenaar definieer, en hierdie week luister ons na 'n gedeelte van daardie gesprek. 𝘓𝘶𝘪𝘴𝘵𝘦𝘳 𝘩𝘪𝘦𝘳 𝘯𝘢 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘰𝘭𝘭𝘦𝘥𝘪𝘨𝘦 𝘦𝘱𝘪𝘴𝘰𝘥𝘦 𝘮𝘦𝘵 𝘿𝙧 𝙈𝙞𝙘𝙠𝙞 𝙋𝙞𝙨𝙩𝙤𝙧𝙞𝙪𝙨 𝘩𝘪𝘦𝘳 - https://afrikaans.radio/klets/micki-vang-moordenaars/
Maar 'n ander deel van die land presteer ook: Stellenbosch Universiteit het nou vyf lewende miljardêrs en 28 sentimiljoenêrs onder sy alumni, meer as enige ander universiteit in die land.
Twee ranglyste. Twee soorte Suid-Afrika.
En al die pad van Doha af, die veiligste stad op aarde, ontmoet ons vir die heel eerste keer ons "Brak van die week".
Dis vrees en syfers.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube - Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie.
𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/
En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal.
Verlede week is dit betaal deur SAPS K9 Sky, waar "ons kom nou-nou" haar lewe gekos het. Die ANC se "ons sal dit nou-nou doen" blameer nou die IEC na hul die deadline gemis het.
En vir 30 jaar word ons, Suid-Afrikaanse burgers, deur die village gevra om verantwoordelikheid te vat, waar "African Time" stilbly en stil staan.
Dis 'n village vol idiote.
Dis tyd wat opgehou wag het.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube - Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans.
𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/
Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename in digitale bankmisdaad, en die ANC se nuutste plan om nóg 'n stuk te vat.
KLETS ontwikkel 'n nuwe kriteria vir staatsamptenare, en as dit ooit in werking tree, is daar dalk hoop. Laat weet ons wat jy dink by die lys moet bygevoeg word. Stuur jou idees na klets@afrikaans.radio.
Dis Bokkoors en diefstal met 'n glimlag.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
More News podcasts
Trending News podcasts
About KLETS
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm.
Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam!
Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Podcast websiteListen to KLETS, The Intelligence from The Economist and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app
- Stations and podcasts to bookmark
- Stream via Wi-Fi or Bluetooth
- Supports Carplay & Android Auto
- Many other app features
Get the free radio.net app
- Stations and podcasts to bookmark
- Stream via Wi-Fi or Bluetooth
- Supports Carplay & Android Auto
- Many other app features


KLETS
Scan code,
download the app,
start listening.
download the app,
start listening.
KLETS: Podcasts in Family



































