KLETS

Afrikaans.Radio
KLETS
Latest episode

175 episodes

  • KLETS

    Die jaar is klaar, die kos is afgelewer

    2025/12/17 | 1h

    Dis die laaste KLETS van 2025. Suid-Afrika is halfpad afgeskakel, die verkeer bestaan net in ou herinneringe, WhatsApp-groepe het verdwyn, en almal belowe weer dat 2026 “anders” gaan wees. Jy weet, soos elke jaar. Dis dus die ideale oomblik om terug te kyk, bietjie asem te haal, en eerlik te wees oor wat ons werklik hierdie jaar gedryf het. Spoiler alert: dit was nie altyd waardes of visie nie. Baie keer was dit kos. In hierdie finale KLETS van die jaar sit Matthys en Colene om die tafel met die 2025 Uber Eats Cravings Report. Ons kyk na waarna Suid-Afrikaners regtig gesmag het om te eet, hoeveel keer ’n mens Uber Eats kan bestel voordat dit tegnies deel van jou persoonlikheid raak, en hoeveel ure van ons lewens gespaar is omdat niemand meer energie gehad het vir die vraag “wat eet ons vanaand?” nie. Ons kyk ook terug na die afgelope week se politieke t"akeaways", daardie laaste styftrekkings van 2025 se politieke drama. Groot beloftes, groter verklarings, en daai bekende stilte net voor almal vir die vakansie verdwyn. Wat bly oor as die geraas gaan lê? Wat was net nog ’n jaar-einde rookskerm? Dan twee meningspeilings oor die veiligste lande in die wêreld. Waar pas Suid-Afrika in? Is veiligheid iets wat jy meet, iets wat jy voel, of iets wat jy eers ernstig opneem wanneer dit nie meer daar is nie? En vir nagereg sluit ons af met 'n storie van ’n 15-jarige se sukses wat jou laat terugleun en dink: “Ag, so dis hoe produktiwiteit dan kan lyk.” Nie as inspirasie-preek nie, maar as stille herinnering dat party mense ongelooflike dinge regkry sonder Tiktok en Instagram reels daaroor. Dis ’n episode oor honger en vervulling, oor tyd wat gespaar is en tyd wat vermors is, oor kos, politiek, veiligheid en mense wat probeer sin maak van ’n jaar wat vinniger verby is as wat enigiemand beplan het. Dankie dat jy in 2025 saam met ons ge-KLETS het. Sit die foon neer, skink nog iets in, en luister saam na die laaste gesprek van die jaar. 2026? Dan kyk ons weer wat ons belowe. Gaan goed, gaan groot en onthou aan die anderkant van 40 is 'n babelaas soms nodig! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

  • KLETS

    ANC op ʼn afdraand, Mashazi op ʼn catwalk en SA op ʼn misdaadlys

    2025/12/10 | 1h 1 mins.

    In hierdie week se KLETS "beklets" ons politiek, mode-skandes en ’n paar statistieke wat jou na jou paspport sal gryp. Die ANC verloor blanke stemme vinniger as wat kan "Afriforum" sẽ, en daar is glo drie name in die hoed vir die volgende ANC-president. Die vraag is eenvoudig: Gaan ’n tannie die wa deur die drif kan trek, of gaan hierdie hoed nog ’n konyn uitspoeg wat niemand voor gevra het nie? Dan kyk ons na Dr Imogen Mashazi se wardrobe. Wat presies kos een uitrusting, juwele en ’n handsak in haar wêreld terwyl die ANC nie eens salarisse kan betaal nie. Dis 'n fashion show, ’n forensic audit, en heeltemal Suid-Afrika. Woolworths is ook terug in die kollig en nie vanweë die specials nie. Iets kook daar agter die skerms en dis nie die rotisserie hoender nie. Ons probeer ontrafel wat aangaan, maar soos gewoonlik kry ons net genoeg inligting om meer vrae te vra. En dan, die skokkende maar nie-so-skokkende statistiek: Suid-Afrika het dit reggekry om weer onder die wêreld se top tien gevaarlikste stede te wees, en presteer beter as meeste matrieks in hul matriekeindeksamen. Dis politiek, glam, chaos en die realiteite van lewe in die Suide van Afrika. Hou vas aan jou panic button. Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

  • KLETS

    Trump blink, DSTV sink en Afrikaanse boeke skitter

    2025/12/03 | 59 mins.

    In hierdie week se KLETS "beklets" ons alles van wêreldpolitiek, plaaslike “affairs”, kultuur, wyn, inkopies, en natuurlik ’n paar Suid-Afrikaanse oorwinnings. Trump het op 1 Desember 2025 die G20 oorgeneem in tipiese Trump-styl, met 'n gebalde vuis en selfversekerd, met sy belofte dat “The Best is Yet to Come”. Ons vermoed hy bedoel nie vir Suid-Afrika nie, maar hey, dis mos nie nuus nie. Wat wel nuus is: as jy ’n lesbeen is, kan jy volgens nuwe gerugte bietjie ligter asemhaal, want jou kans vir HIV-blootstelling is glo heelwat laer as jou ander broers en susters. En natuurlik kry Matthys sy weeklikse Steenhuisen-steek in, want tradisie is tradisie. DSTV bloei steeds subskripsies soos ’n kraan met ’n strip oopgedraai, en nou gaan daar waarskynlik nog 12 kanale van die boeket verdwyn net betyds vir Kersfees. MultiChoice, baie dankie vir die geskenk. Maar gelukkig is dit nie net slegte nuus nie. Die Top 100 Afrikaanse boeke van die afgelope 100 jaar is aangekondig. En as jy in jou middeljare is, het jy ten minste een van hulle gelees – óf onder protes op skool, óf omdat Daleen Matthee se bostriologie jou hart in jou borskas laat bons het. En kom nou… watter Afrikaanse huis is volledig sonder Kook en Geniet van tannie SJA de Villiers? Intussen maak Isabella Niehaus en Louis Janse van Vuuren weer internasionale nuus. Hulle boek There’s a Vegan on my Verandah het nóg ’n Gourmand World Cookbook Award ingepalm, hierdie keer as die beste vegan kookboek van die afgelope 30 jaar. Luister weer na ons onderhoud uit 2023 met Isabella Niehaus - https://afrikaans.radio/klets/die-grande-madame-langebaan/ Bartho Eksteen Wynlandgoed, saam met Maroela Media, het ’n reeks unieke wynbottels geskep wat Afrikaanse ikone vereer. Nou kan jy met trots én tanniene ’n glasie klink op ’n Suid-Afrikaanse legende. En as jy ons gesprek met Bartho en Pieter Willem gemis het, luister hier: https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-waardes/ Colene sluit die episode af met die 2025 trending Kersgeskenke, én die lys van die mees gekaapte voertuie in Suid-Afrika. Moenie sê ons het jou nie gewaarsku nie. Dis politiek, kultuur, bietjie krisisbestuur en ’n hele sak vol idees vir Kersgeskenke. Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

  • KLETS

    Die G20, Wynroem en DA Uber Eats Gate

    2025/11/26 | 53 mins.

    In hierdie week se “KLETS” word wêreldpolitiek, plaaslike drama en ’n tikkie Uber Eats op die tafel gesit, "dis koue kos, skat!" Ons begin by Gauteng se G20-lockdown, die konferensie wat Suid-Afrika trots as ’n reuse sukses verklaar het. Want niks sê “internasionale sukses” so goed soos om jou grootste ekonomiese stad oor ’n naweek toe te sluit nie. Maar was dit werklik so suksesvol… of was dit net suksesvol omdat Trump nié daar was nie? Die VSA het die Suid-Afrikaanse G20 openlik geboikot, en op die elfde uur probeer om tog ’n afgewaterde afvaardiging te stuur, ’n versoek wat Suid-Afrika afgekeur het. Intussen het die wêreldleiers sonder Amerika voortgegaan en die G20-verklaring onderteken, terwyl Trump duidelik gemaak het die VSA sal dit glad nie ondersteun nie. So wat beteken dit vir Suid-Afrika, en die ander G20-lande, vir my en jou, en die wêreld… en natuurlik vir Trump se ego? Met die wêreld se oë op Suid-Afrika het Suid-Afrikaanse vroue regoor die land die Vrydag voor die G20 “opgestaan” teen geslagsgebaseerde geweld deur te gaan “lê.” GBV is een van die land se ergste en mees volgehoue krisisse, en Cyril het geen ander uitweg gehad as om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord tot ’n nasionale ramp te verklaar nie. Maar was “gaan lê” die regte simboliek? En omdat Suid-Afrika nooit net een of twee dramas of "commissions of enquiry" op ’n slag het nie, kyk ons na nog ’n effens vetter storie, letterlik. Die DA-moddergeveg tussen John Steenhuisen en Deon Gorge is in volle swang, en Matthys se vraag oor John se gewig word uiteindelik beantwoord. Spoiler: hy het nie gewig verloor nie… maar sy DA-kredietkaart se Uber Eats-aankope verduidelik baie. Dis Black Friday. Met die kenmerkende “afslag” prysstrategieë wat nie heeltemal afslag is nie, en selfoonkontrakte wat soos ’n wiskunde-eksamen saamgestel is, word jy gelos om te wonder of die doel is om jou te verbind… of te verarm. Gelukkig het ons darem iets om oor ’n glasie te klink: die Suid-Afrikaanse wynbedryf wat glansryk internasionaal presteer. Twee Suid-Afrikaanse wynplase is onder die top 10 in die wêreld erken, en vier ander in die top 100. En dan iets nuuts vir die kultuur- en joernalistieke landskap: ’n splinternuwe weeklikse Afrikaanse koerant, Die Papier, wat op 6 Maart 2026 sy verskyning maak, word aangekondig – ’n historiese nuwe asem in ’n ouderwetse gedrukte mediavorm. Baie vensters gaan na 7 Maart 2026 weer skoon wees in Suid-Afrika. Dit is wêreldpolitiek sonder Amerika, plaaslike politiek met te veel kalorieë, pryse wat nie sin maak nie, pynlike realiteite en ’n wynbedryf wat almal se waardigheid red. Dis politiek, pryse, pyn en Papier. Dis Suid-Afrika. Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

  • KLETS

    Wie is Ons Nou? ’n Gesprek oor Identiteit en Verantwoordelikheid

    2025/11/19 | 57 mins.

    In hierdie kragtige en eerlike KLETS-episode grawe ons diep in die veelvlakkige vraagstuk van Afrikaanse identiteit en wat dit vandag beteken om ’n Afrikaner in Suid-Afrika te wees. Ons begin by die omstrede “Nie in ons naam” brief, wat ’n hele veldbrand aan gesprekke in en buite die Afrikaanse gemeenskap begin het. Van daar af ontleed ons die rol en verantwoordelikheid van organisasies soos Solidariteit en AfriForum, en waarom gemeenskapsbetrokkenheid meer is as net kommentaar op sosiale media. Die gesprek beweeg na die breër landskap van Suid-Afrika vandag: die G20-beraad, die nalatenskap van Apartheid, rassisme, vryheid van spraak, swart ekonomiese bemagtiging, en hoe korrupsie sistemies ons toekoms stuit. Dit is ’n onverskrokke duik in geskiedenis, konteks en ongemaklike waarhede, maar ook ’n uitnodiging om te dink oor nuwe patrone van samewerking en gedeelde vooruitgang. Deur al die temas loop een duidelike lyn: ons kan die land nie herstel sonder mekaar nie. Identiteit, verantwoordelikheid en die uitdagende pad vorentoe word breedvoerig verken in ’n gesprek wat eerlik is, soms rou, maar altyd noodsaaklik. Skakels genoem in die episode: - Afrikaners vir Suid-Afrika (Nie in ons naam brief): https://www.afrikanersvirsa.co.za/ - Willem Petzer se onderhoud met Gareth Cliff: https://www.youtube.com/watch?v=oWUlXVZpUlM Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

More News podcasts

About KLETS

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Podcast website

Listen to KLETS, Economist Podcasts and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features

KLETS: Podcasts in Family

  • Podcast Wat sê die Tannies
    Wat sê die Tannies
    Comedy, Society & Culture
Social
v8.2.1 | © 2007-2025 radio.de GmbH
Generated: 12/28/2025 - 7:19:33 PM