Skip to content
PodcastsNewsSpektrum

Spektrum

RSG
Spektrum
Latest episode

2542 episodes

  • Spektrum

    Spektrum: Verkiesingsdebat - Mangaung

    2026/10/15 | 51 mins.
    15 Oktober 2026: Die Mangaung-metro in Bloemfontein in die Vrystaat is in die nuus oor die ANC se kanidaatslyste wat nie betyds ingedien is voor die OVK se spertyd nie. Die Konstitusionele hof het pas uitspraak gelewer in die ANC se aansoek dat 181 van sy kandidate se name wél op die kieserslys vir die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November kan verskyn. Die hof het beslis dat die ANC dié kandidate op die party se kieserslys mag hê. Daar was trane van blydskap van die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula. Hy het ná die uitspraak gesê hy het gewonder of hy uit sy posisie moet tree. Terwyl Mbalula die konferensie teogespreek het, het hy inmekaar gesak. Die Mangaung-metro word direk hierdeur geraak, want die ANC se proporsionele kandidate sou uitgesluit gewees het as die hof anders besluit het. Die helfte van die setels in die Mangaung-raad is proporsioneel, en al agt ANC-burgemeesterskandidate is op die party se proporsionele lys. Die Mangaung-metro sluit Bloemfontein in, en die dorpe Botshabelo, Thaba Nchu, Dewetsdorp, Soutpan, Van Stadensrus en Wepener. Die gaste is Werner Pretorius (DA-burgemeesterskandidaat), Logan Kruger (ANC-raadslid), Sophia Swartz (Patriotic Alliance se burgemeesterskandidaat) en professor Elizabeth Snyman-Van Deventer (Vryheidsfront Plus se koukusleier en burgemeesterskandidaat).
  • Spektrum

    Spektrum: Zuma laat vaar appèl in korrupsiesaak

    2026/10/14 | 49 mins.
    14 Oktober 2026: Oudpresident Jacob Zuma laat vaar sy appèl in sy korrupsiesaak. Die jongste Suid-Afrikaanse Voedselsekerheidsindeks wys dat al hoe minder families voedsame voedsel kan bekostig. Agri SA hou sy jaarlikse kongres midde 'n moeilike jaar vir boere.
  • Spektrum

    Spektrum: Shadrack Sibiya se borgtogaansoek in verkragtingsaak uitgestel

    2026/10/13 | 50 mins.
    13 Oktober 2026: Regstreeks vanaf die Suider-Afrika Telekommunikasie Netwerke en Toepassingskonferensie in die Darkensberg. Ons kyk na Die toekoms van digitale kommunikasie en die rol van kunsmatige intelligensie. Die voormalige adjunkpolisiehoof Shadrack Sibiya se borgtogaansoek in sy verkragtingsaak tot môre uitgestel. Meer as 960 000 matrikulante begin landwyd met hulle eindeksamen.
  • Spektrum

    Spektrum: ANC in Konstitusionele Hof om 181 raadslede op stembrief te kry

    2026/10/12 | 50 mins.
    12 Oktober 2026: Die ANC wend hom tot die Konstitusionele Hof in 'n poging om 181 raadslede op die stembrief te kry. Ons praat met 'n politieke kenner oor wie die MK-leisels sal vashou terwyl Jacob Zuma siek is. Die Aussies het die hef in die hand teen die Proteas in Durban.
  • Spektrum

    Spektrum: Kan ’n vierdag-werkweek tot gesonder personeel lei?

    2026/10/09 | 51 mins.
    9 Oktober 2026: Die departement van binnelandse sake trek sy direktief oor die aanvaarding van asielaansoeke terug. Kan ’n vierdag-werkweek tot gesonder personeel lei? Bendegeweld op die Kaapse Vlakte is onder die vegrootglas. Wat is die ware braaibroodjie?
More News podcasts
About Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Podcast website

Listen to Spektrum, Economist Podcasts and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features
Spektrum: Podcasts in Family