PodcastsTV & FilmVers en Klank

Vers en Klank

RSG
Vers en Klank
Latest episode

724 episodes

  • Vers en Klank

    Vers en klank 27 Januarie 2026

    2026/1/27 | 25 mins.
    Anrich Herbst en Nicole Holm sit die reeks oor Wilma Stockenström voort. Die uitgewer Naledi het inm 2025 ’n digbundel ter ere van dié 92-jarige digter gepubliseer, waarin ’n stuk of 25 digters verse vir haar geskryf het. Elkeen hierdie gedigte is geskoei op oorspronklike Stockenström-verse. Vat saam die spoor deur dié befaamde digter se werk, én hoor hoe ons jonger digters daarop gereageer het.
  • Vers en Klank

    Vers en klank 20 Januarie 2026

    2026/1/20 | 25 mins.
    Die uitgewer, Naledi, het in 2025 ’n bundel ter ere van die digter Wilma Stockenström gepubliseer met die titel NOGMAALS VIR DIE BYSIENDE LESER. Dit is ’n sinspeling op Stockenström se debuutversameling, VIR DIE BYSIENDE LESER, wat in 1970 verskyn het. In hierdie nuwe bundel tree ’n stuk of 25 digters in hulle eie verse in gesprek met Wilma se werk. Anrich Herbst en Nicole Holm lees ’n keur van hierdie gedigte voor, tesame met die oorspronklike Stockenström-gedigte wat as die inspirasie daarvoor gedien het.
  • Vers en Klank

    Vers en klank 13 Januarie 2026

    2026/1/13 | 19 mins.
    Karli Heine sit die reeks oor legendes en mites voort. Ons luister na ’n paar bekende ballades en voorlesings van gedigte oor eg-Suid-Afrikaanse volkslegendes, soos die heks van Hexriviervallei en die Vlieënde Hollander.
  • Vers en Klank

    Vers en klank 6 Januarie 2025

    2026/1/06 | 18 mins.
    Ontsnap saam met Sophia van Taak na ’n fantasiewêreld vol mitiese wesens, soos die eenhoring. Van hulle is ook gedroggies wat kinders bang maak – soos die tokkelos, Antjie Somers en Makoemazaan die waterman. Karli Heine is die begeesterde voorleser van dié gedigte.
  • Vers en Klank

    Vers en klank 30 Desember 2025

    2025/12/30 | 16 mins.
    Is jy een van die gelukkiges wat Oujaar iewers by die see vakansie hou? Vir die mense wat ver van ’n strand en brandergedruis is, bring Sophia van Taak die see so ’n bietjie nader met gedigte oor al die wonderlike kreature wat in die see woon, én die eienaardige dinge wat op die strand uitspoel. Julia Marone lees verse voor oor alles van walvisse tot seeperdjies!

More TV & Film podcasts

About Vers en Klank

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Podcast website

Listen to Vers en Klank, The Video Store and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features

Vers en Klank: Podcasts in Family

Social
v8.3.1 | © 2007-2026 radio.de GmbH
Generated: 1/28/2026 - 5:48:56 AM