Is Sleep Training 'n Vloekwoord? / Is Sleep Training a Dirty Word?
Hoe jy geboorte gee… of jy borsvoed of nie… en “sleep training”. Dit is drie van die mees omstrede onderwerpe wat elke nuwe ma moet leer navigeer. Opinies is volop, maar feite is skaars.
In hierdie episode gesels Daniëlla met Melissa Bierman, ’n ervare slaapafrigter van Good Night Baby, oor die uitdagings en realiteite van slaapopleiding vir babas en ouers. Melissa deel praktiese wenke oor ’n gesonde slaapomgewing, roetines en konsekwentheid – en hoe dit kinders én ouers kan help. Ons skram nie weg van die taai temas nie: jy hoor meer oor bed sharing vs. co-sleeping, cry it out, en waarom hierdie onderwerp só ’n tameletjie is.
Hierdie gesprek bied ’n gebalanseerde, holistiese blik op slaap en die rol wat dit in gesinswelstand speel.
How you give birth… whether you breastfeed or not… and “sleep training.” These are three of the most hotly debated topics every new mom has to navigate. Opinions are everywhere, but facts are harder to find.
In this episode, Daniëlla chats with Melissa Bierman, an experienced sleep coach from Good Night Baby, about the challenges and realities of sleep training for babies and parents. Melissa shares practical tips on creating a healthy sleep environment, the role of routines and consistency, and how better sleep supports the whole family. We don’t shy away from the tough conversations: you’ll hear more about bed sharing vs. co-sleeping, the cry-it-out method, and why sleep training stirs up so much debate.
This episode offers a balanced, holistic look at sleep and the vital role it plays in family well-being.
- Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light
License code: I430IW70W4DQLJ9Z Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com
for information about our collection and use of personal data for
advertising.
--------
42:55
--------
42:55
Marciel Hopkins-Lourens: 'Ek kies om positief oor ma-wees te praat'/ Marciel Hopkins-Lourens: I Choose Positivity in Motherhood
Marciel Hopkins-Lourens se “vierde trimester” loop byna ten einde, saam met die viering van hulle seuntjie Halki se eerste drie maande as deel van die gesin. In hierdie episode gesels sy met Daniëlla oor die newborn bubble wat nou agter die rug is, en die nuwe mylpale wat voorlê: vir haar baba, vir haarself as ma, én vir haar loopbaan as TV-aanbieder, model, aktrise en lewensafrigter.
Marciel deel hoe sy dit regkry om ’n positiewe benadering tot ouerskap te handhaaf, hoekom gesondheid en fiksheid vir haar so ’n groot rol speel, en hoekom selfrespek en balans tussen werk en gesin ononderhandelbaar is.
Ons gesels ook oor die belangrike rol van pa’s, die druk van samelewingsverwagtinge, en hoekom elke ma haar eie pad moet stap – of soos Marciel dit self stel: “Mind your own motherhood.”
Marciel Hopkins-Lourens’ “fourth trimester” is drawing to a close as she and her husband celebrate the first three months of baby Halki’s life. In this episode, Marciel chats with Daniëlla about moving out of the newborn bubble and stepping into new milestones — for her son, for herself as a mother, and in her career as a TV presenter, model, actress, and life coach.
She shares how she manages to keep a positive approach to motherhood, why health and fitness are so important to her, and why self-respect and balance between work and family are non-negotiable. We also dive into the role of fathers, the pressure of societal expectations, and why every mom needs to follow her own path — or as Marciel puts it: “Mind your own motherhood.”
- Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light
License code: I430IW70W4DQLJ9Z Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com
for information about our collection and use of personal data for
advertising.
--------
39:08
--------
39:08
Lizanne du Plessis: Maak 'n Kopskuif oor Dissipline / Lizanne du Plessis: Rethinking Discipline
Dissipline kan maklik voel soos een van die moeilikste dele van ouerskap. Met soveel ouerskap style daar buite ("gentle!" "permissive!", "authoritative!") is dit nie vreemd dat ouers onseker voel oor watter benadering die “regte” een is nie.
In hierdie episode gesels Daniëlla met arbeidsterapeut Lizanne du Plessis van "Doelgerigte Ouerskap" oor wat dissipline eintlik beteken. Ons verken hoekom dit minder oor straf en meer oor leiding en leer gaan, en hoe ons eie emosionele regulering as ouers ’n reuse-verskil kan maak.
Discipline can feel like one of the trickiest parts of parenting. With so many parenting styles out there – gentle, permissive, authoritative – it’s easy to feel unsure about which approach is “right.”
In this episode, Daniëlla sits down with parenting expert Lizanne du Plessis to unpack what discipline really means. They explore why it’s less about punishment and more about guiding and teaching our kids, and how our own emotional regulation as parents can make all the difference.
- Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light
License code: I430IW70W4DQLJ9Z Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com
for information about our collection and use of personal data for
advertising.
--------
46:35
--------
46:35
Hoe Ouerskap jou Sekslewe Verander (En Wat Om Daaroor Te Doen)/ How Parenthood Chnages Your Sex Life (And What to Do About It)
Jou sekslewe verander ná kinders – en dit is heeltemal normaal!
September is die bewustheidsmaand van Seksuele Gesondheid en in hierdie episode gesels Daniëlla met kenner Karen Bester van Lamelle oor hoe ouerskap en selfs peri-menopouse jou intimiteit en libido kan beïnvloed.
Ons praat eerlik oor die dinge wat niemand jou dalk al vertel het oor hormone nie, gee praktiese wenke en deel hoe jy gesonde gesprekke met jou eggenoot en kinders kan hê.
’n Eerlike, opvoedkundige en ondersteunende gesprek wat elke ma (en pa!) moet hoor!
Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com
for information about our collection and use of personal data for
advertising.
--------
32:06
--------
32:06
Om jou Baba te Verloor: Genesing ná Swangerskapsverlies/ Losing Your Baby: Healing After Pregnancy Loss
Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com
for information about our collection and use of personal data for
advertising.
'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand.
Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan - soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as "me-time"!
Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek.
Alledaagse én bekende ma's kom kuier ook in die ateljee om hulle stories te deel.
'n Ma & 'n Mikrofoon sal jou inspireer, bemagtig en herinner dat jy (ten spyte daarvan dat jy soms twyfel) altyd die beste ma is vir jou kind.
'n Ma & 'n Mikrofoon is a podcast that reflects the world of the modern Afrikaans mom.
Host Daniëlla van Heerden (herself a mom of two) engages in candid conversations with experts and special guests.
The focus extends beyond the health of babies and children to encompass the emotional well-being of mothers.
Here, you'll share laughter for those moments only another mom can understand – like how five minutes alone in the car can sometimes count as "me-time"!
However, more serious topics such as postpartum depression, tantrums, and bullying are also openly discussed.
Everyday and well-known moms alike drop by the studio to share their stories.
'n Ma & 'n Mikrofoon will inspire, empower, and remind you that, despite moments of doubt, you are always the best mom for your child.