Powered by RND

AfriPod

AfriForum Media
AfriPod
Latest episode

Available Episodes

5 of 61
  • NWU weier om die sing van “Kill the Boer” te veroordeel
    Die dreunsang “Kill the Boer” is op 22 September 2025 tydens ’n EFF Student Command-protesaksie by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus gesing. AfriForum het die NWU gevra om die sing van dié dreunsang te veroordeel, maar hulle het geweier om dit te doen. In hierdie episode van AfriPod gesels Louis Boshoff, woordvoerder vir AfriForum Jeug, oor volgende stappe wat gedoen gaan word.
    --------  
    9:45
  • Tshwane kry weer bloedneus in die hof oor stadsreinigingsheffing
    Die Tshwane-metro het Maandag vir ’n tweede keer bloedneus in die hof gekry oor die omstrede stadsreinigingsheffing wat op omtrent 250 000 munisipale rekeninge aangebring is. Dit volg nadat die metro se aansoek om verlof tot appèl, in die saak wat AfriForum vroeër gewen het, van die hand gewys is. Die Tshwane-metro wou dié heffing, ten bedrae van nagenoeg R220 per maand, instel op huishoudings wat nie van die metro se vullisverwyderingsdiens gebruik maak nie. Die hof het egter in AfriForum se guns beslis en bevind dat dié heffing onwettig is.
    --------  
    12:22
  • Ultimate Marksmanship Championship kom op AfriForumTV
    Suid-Afrika se beste skuts word gesoek vir die Ultimate Marksmanship Championship wat vir ’n TV-reeks op AfriForumTV opgeneem sal word. Groot prysgeld is in dieonderskeie afdelings op die spel met soveel as R100 000 wat aan kategoriewenners toegeken sal word. Klik ⁠hier⁠ om meer oor die kompetisie uit te vind.
    --------  
    17:47
  • AfriForum soek swaarder strawwe vir kabeldiewe
    Koperkabeldiefstal veroorsaak elke jaar miljarde rande se skade en ongerief. Eskom en Transnet loop die ergste deur en die belastingbetaler moet boonop vir die skade opdok.AfriForum doen daarom ’n beroep op die instelling van swaarder strawwe vir kriminele wat hulself aan hierdie misdaad skuldig maak.
    --------  
    10:14
  • Wanneer mag jy skiet? (Deel 2)
    In hierdie episode van AfriPod word die gesprek met Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, voortgesit oor wanneer ’n vuurwapen vir selfverdediging binne die raamwerk van die wet gebruik mag word.
    --------  
    18:00

More News podcasts

About AfriPod

AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na onderwerpe soos grondgrype en wat jou te doen staan, onteiening sonder vergoeding, hoe om jouself binne die raamwerk van die wet te beskerm en nog baie meer. Vrae en voorstelle kan gestuur word na [email protected].
Podcast website

Listen to AfriPod, Global News Podcast and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features
Social
v7.23.11 | © 2007-2025 radio.de GmbH
Generated: 11/15/2025 - 5:31:57 PM