PodcastsSociety & CultureWat de vloekwoord?!

Wat de vloekwoord?!

Gerhard van Huyssteen
Wat de vloekwoord?!
Latest episode

16 episodes

  • Wat de vloekwoord?!

    Hunter Kennedy

    2020/12/04 | 45 mins.
    Hunter Kennedy in gesprek met Elmarie Claassens.

    Hunter Kennedy is 'n bekende rocker en die skepper van die lirieke van Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties – Suid-Afrikaanse musiekgroepe met kultusstatus.

    Hunter gesels in hierdie aflewering oor 20 jaar in die musiekbedryf, die "Fok God"-insident, sy proses om liedjies te skryf, die donker tye in sy eie lewe en hoe hy homself nie te ernstig opneem nie.

    Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.

    NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.
  • Wat de vloekwoord?!

    Kobus van Rooyen

    2020/11/27 | 47 mins.
    Kobus van Rooyen in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

    Prof. Kobus van Rooyen is een van die prominentse figure in die ontwikkeling van publikasiebeheer in Suid-Afrika. Hy was onder andere vanaf 1980 tot 1990 voorsitter van die Appèlraad oor Publikasies toe boeke soos Magersfontein o Magersfontein! en Kennis van die Aand ontban is. Hy was ook die voorsitter van die komitee wat die nuwe Wet op Films en Publikasies van 1996 geskryf het. Lees ook gerus sy boek A South African censor's tale.

    Kobus gee in hierdie episode 'n boeiende maar bondige oorsig oorsig oor die ontwikkeling van publikasiebeheer in Suid-Afrika. Hy vertel interessante staaltjies uit die binnekringe van die regering en die mense wat boeke verban en ontban het. Ook besin hy oor wat volgens hom 'n beste aanpak is met betrekking tot die beskerming van kinders.

    [Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]

    NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.
  • Wat de vloekwoord?!

    Marita van der Vyver

    2020/11/20 | 51 mins.
    Marita van der Vyver in gesprek met Elmarie Claassens.

    Marita van der Vyver is een van Afrikaans se bekendste skrywers met meer as 30 publikasies agter haar naam, insluitende volwasse, kinder- en jeugromans, kookboeke, essays, radiodramas, vertalings, en so meer. Talle van haar boeke is met van die belangrikste toekennings in Suid-Afrika bekroon, en heelwat van hulle is in ander tale vertaal. Ook is van haar boeke omgeskakel in films of verhoogstukke, terwyl sy self ook die aanbieder van die TV-reeks "Marita kook" was.

    Marita gesels in hierdie aflewering oor die voortgaande stryd rondom die onafhanklikheid van die vrou, taboes rondom vroulike wellus en seksualiteit, menstruasie, eufemismes en hoe 'Griet' steeds relevant bly.

    [Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.]

    NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.
  • Wat de vloekwoord?!

    Sophia Kapp

    2020/11/13 | 59 mins.
    Sophia Kapp in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

    Sophia Kapp is 'n bekende skrywer van Afrikaanse romanses, liefdesromans en ander fiksiegenres. Verskeie van haar boeke is al bekroon, terwyl haar boeke ook dikwels bo-aan die topverkoperlyste in Suid-Afrika pryk. Een van haar bekendste en gewildste boeke is sekerlik Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva. Sophia is sedert 2013 lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en werk sedert 2014 as taaladviseur by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).

    In hierdie aflewering gesels Sophia aan die een kant oor haar persoonlike lewe en die rol wat vloek en ander taboes daarin speel - veral ook in haar verhoudings met haar pa, ma en seun. Aan die ander kant besin sy oor die funksie van vloekwoorde in (veral Afrikaanse) fiksie en hoe die gebruik daarvan van genre tot genre verskil.

    [Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]

    NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.
  • Wat de vloekwoord?!

    Chris Vorster

    2020/11/06 | 49 mins.
    Chris Vorster in gesprek met Elmarie Claassens.

    Chris Vorster – bekend as onder andere Ryno Lategan van 7e Laan-faam – is sedert 1995 'n skrywer en regisseur vir en akteur op verhoog en televisie. Hy het al ongeveer 55 verhoogproduksies geskryf, asook die regie van baie daarvan gedoen. Hy is tans 'n dosent in film en televisie aan die Universiteit van die Vrystaat.

    Chris gesels in hierdie aflewering oor sy grootwordjare, hoe hy vloekwoorde in karakterbybels gebruik, asook oor hoe om die fyn balans te handhaaf tussen aanstoot gee en paai in skryfwerk en regie.

    [Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.]

    NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

More Society & Culture podcasts

About Wat de vloekwoord?!

"Wat de vloekwoord" is 'n podsendingreeks waarin die standpunte en houdings van inhoudskeppers in die vermaaklikheidswêreld en media oor vloek en taboe onderwerpe ontgin word. Deur onderhoude met bekende (Afrikaanse) skrywers, TV- en filmvervaardigers, regisseurs, akteurs, musikante, redakteurs, joernaliste, podsenders en bloggers leer ons meer oor sensuur in Suid-Afrika, wat die funksie van vloek is, hoe kykers en luisteraars op vloekwoorde reageer, ensovoorts. Dié reeks is deel van 'n groot navorsingsprojek wat handel oor vloek in Afrikaans en verwante tale.
Podcast website

Listen to Wat de vloekwoord?!, That Husband Podcast and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features
Social
v8.5.0 | © 2007-2026 radio.de GmbH
Generated: 2/7/2026 - 8:41:09 AM