'n Podsending oor Afrikaanse letterkunde. Maak jouself tuis in die Sitkamer en luister saam na gesprekke met skrywers, akademici, joernaliste en uitgewers.
Episode 8: Strandleesstof en literêre hoogtepunte
In hierdie episode gesels Mercy Kannemeyer met Azille Coetzee oor haar tweede roman Die teenoorgestelde is net so waar. Hierdie roman is onlangs deur Human & Rousseau uitgegee. Die Sitkamerspan gesels ook oor literêre hoogtepunte in Afrikaans van 2021.
Angie Gallagher is Sitkamer se redigeerder en Franco Prinsloo die komponis agter die temalied. Volg ons gerus op Sitkamer | Facebook en stuur enige navrae aan [email protected]. Met trots geborg deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA).
-------- Â
57:06
Episode 7: Slavenhuis-Stellenbosch: In gesprek met Herschelle Benjamin
In hierdie episode gesels Mercy Kannemeyer en Remona Voges saam met Herschelle Benjamin. Herschelle se debuutdrama In Slavenhuis 39 is onlangs deur Protea Boekhuis uitgegee. Herschelle vertel ons meer oor sy drama, die temas,en die regisseur, Philip Rademeyer. Hulle gesels ook oor die Afrikaanse drama-en teaterwêreld en waarna hulle uitsien.
-------- Â
46:59
Episode 6: Die samestelling van 'n drietalige Kaapse woordeboek as erfenisprojek
Die samestelling van 'n drietalige Kaapse woordeboek is 'n projek onder leiding van Quentin Williams en die Sentrum vir Meertaligheid en Diversiteit aan die Universiteit van die Wes-Kaapland. In hierdie episode gesels Bibi Burger met Sitkamer se eie Earl Basson, lid van die woordeboek se plaaslike advieskomitee. Hulle praat oor die status van Kaaps as taal, die woordeboek as standardiseringsinstrument en as erfenisprojek.
Angie Gallagher is Sitkamer se redigeerder en Franco Prinsloo die komponis agter die temalied. Volg ons gerus op Sitkamer | Facebook en stuur enige navrae aan [email protected]. Met trots geborg deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA).
-------- Â
35:36
Episode 5: Biblioteek-eskapades, letterkunde-onderrig en Afrikaanse leeskultuur
In die vyfde episode van Sitkamer gesels Alwyn Roux met Jonathan Amid en Mariëtte van Graan oor hul liefde vir boeke en stories, biblioteek-eskapades uit hul kinderdae, die onderrig van letterkunde op universiteitsvlak, Afrikaanse leeskultuur en die uitbreiding van die aanbod van genre-boeke in die Afrikaanse boekemark.
Mariëtte doseer Afrikaanse letterkunde aan Unisa. Sy verwerf haar PhD in 2015 oor spookkarakters en Afrikaanse en Suid-Afrikaanse identiteitskwessies in die romans van Etienne van Heerden. Jonathan is 'n vryskut fiksie en niefiksie keurder by uitgewers en manuskripontwikkelaar en keurder, en welbekende boekresensent van Afrikaanse literatuur.
Angie Gallagher is Sitkamer se redigeerder en Franco Prinsloo die komponis agter die temalied. Volg ons gerus op Sitkamer | Facebook en stuur enige navrae aan [email protected]. Met trots geborg deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA).
-------- Â
1:15:26
Episode 4: Die reikwydte van stories: van sepies en selfhelp tot Hertzogpryswenners
In die nuutste episode van Sitkamer gesels ons onder leiding van Mercy Kannemeyer oor hoe ver die begrip "letterkunde" strek, en ons gesprek loop wyd; van Hertzogpryswenners, tot selfhelpboeke en sepies.
Daarna gesels Janien Linde met Frederick Botha en Marcel Spaumer oor sepies en skrywerskap. Frederick is tans dosent in Afrikaans by die Sol Plaatjie-universiteit in Kimberley. Hy was vroeër deel van die skrywerspan van die sepie Getroud met Rugby. Tussendeur is hy ook ’n aktiewe resensie- en krotverhaalskrywer. Marcel is ’n digter, maar ook strorieontwikkelaar en assistent-hoofskrywer vir Suidooster. Verder was hy ook betrokke by die sit-kom Lui meer op, Belinda. Ons kry ook die geleentheid om na nuwe skryfsels uit hierdie twee begaafde skrywers se penne te luister.