Powered by RND
PodcastsComedyMevrou Mevrou

Mevrou Mevrou

JacPod
Mevrou Mevrou
Latest episode

Available Episodes

5 of 42
  • Mevrou wonder hoe lank die strate so skoon gaan bly na die Gee-20 beraad
    Mevrou besef die G20 beraad is amper hier, want die paaie in Gauteng is ewe skielik baie skoon, die slaggate word opgevul, meeste van die verkeersligte werk en metro polisie word oral gesien. Dis nie aldag wat die provinsie so vere reg ruk nie en ook geen wonder nie, want van die grootste lande in die wêreld stuur hulle staatshoofde om in Johannesburg te kom beraadslaag. Nou besef Gerda de Sousa en Dianne Broodryk te laat dat hierdie eintlik ’n gulde geleentheid sou wees om ’n internasionale spanbou in Gauteng te kon hou – aangesien die provinsie nou spiekeries lyk ….. Podcast page on Jacaranda FM's website
    --------  
    21:18
  • Mevrou se gesukkel om die mediese forms in te vul
    Mevrou moet hospitaal toe gaan vir ‘n mediese prosedure, maar wat vir haar erger is as wat hulle aan haar gaan doen, is die stapel mediese forms wat sy voor die tyd moet invul. Asof dit nie genoeg is dat sy elke maand die derduisende moet opdok vir ’n mediese fonds nie, maak die administratiewe nagmerrie haar sommer naar. Hierdie is ’n bitter pil vir Mevrou om te sluk, en sy is bevrees daar is geen mediese fonds wat medikasie hiervoor het nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk pak af oor mediese prosedures, administratiewe rompslomp en kroniese medisyne Podcast page on Jacaranda FM's website
    --------  
    26:25
  • Mevrou val in nostalgie vas, saam met die Jakarandas se pers tapyt
    Mevrou is in ’n onverwagse nostalgie vas gevang, aangebring deur die pers blommetjies van die Jakaranda bome in Pretoria. Skielik onthou Dianne Broodryk weer haar grootword jare in die Moot gebied, toe sy met haar fiets oor die Jakaranda blommetjies gery het. Vir Gerda de Sousa bring die asembrowende pers tapyt op die strate van Brooklyn weer al die herinneringe terug van haar seun in die hoërskool. En voor hulle dit kan keer, is die Mevrouens in ’n nostalgiese bui …… Podcast page on Jacaranda FM's website
    --------  
    26:21
  • Mevrou se siekwees sages
    Mevrou is nou siek en sat vir siekwees! Die winter is verby, die somer is in volle swang, en die twee wonder waar die skielike siektes vandaan kom wat hulle ook plat getrek het. Dit was so erg dat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk altwee in die bed moes bly met anti-biotika en ’n bak vol ander medisyn – iets waaraan dié twee nie gewoond is nie. Nou voel dit of die hele wêreld om hulle ook siek word met ’n gehoes en ’n geproes en ’n gesoek na genoeg sneesdoekies ….. Podcast page on Jacaranda FM's website
    --------  
    19:54
  • Mevrou verklaar oorlog teen die strykyster
    Mevrou het haar voet neergesit en finaal besluit om die stryd teen die strykyster aan te pak – maar sy dink sy het verloor. Gerda de Sousa se oorlog het begin toe sy begin navorsing doen het oor hoe om die onderkant van haar stryk yster skoon te maak. Dianne Broodryk blaas stoom-af oor die onthulling wat sy gemaak het toe sy die buite kussings wou skoon kry. Die Mevrouens reken hulle het 'n duidelike teken gekry dat hulle eerder net nie moet skoonmaak nie.... Podcast page on Jacaranda FM's website
    --------  
    21:20

More Comedy podcasts

About Mevrou Mevrou

Dis hier waar jy jou ore kan uitleen aan twee internasionaal bekroonde Mevrouens se alledaagse lewens - ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Mevrou Mevrou is deur die Africa Podcast and Voice Artists aangewys as die Beste Komedie Potgooi op die kontinent! Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep. Audio design: Ethan Baird.
Podcast website

Listen to Mevrou Mevrou, Bad Friends and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features

Mevrou Mevrou: Podcasts in Family

  • Podcast True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe
    True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe
    True Crime
Social
v7.23.11 | © 2007-2025 radio.de GmbH
Generated: 11/15/2025 - 7:26:00 PM