
Die Kroonstad Spoor Ramp
2025/4/29 | 27 mins.
Suid-Afrika is in Januarie 2018 geskud deur ’n gru spoor ramp toe ’n Shosholoza Meyl passasiers trein en ’n trok buite Kroonstad gebots het. Chaos het op die toneel uitgebreek sowat 10 minute na die ongeluk toe passasiers besef het hulle is vas gekeer in van die brandende waens – waarvan die deure geseël was. Die passasiers trein was besig om vakansie gangers terug te ry huis toe na die Desember vakansie en die ongeluk het opslae gemaak regoor die wêreld. Hierdie is die laaste episode van die huidige seisoen. Webpage · Find more from JacPod

Die reeks moordenaar, Sipho Thwala
2025/4/22 | 33 mins.
Sipho Thwala het op ’n heuwel gesit en uitkyk oor die suiker riet plantasies, en probeer onthou waar die liggame is van die vroue wat hy reeds vermoor het. Thwala het een van Suid-Afrika se mees berugte reeks moordenaars geword en KwaZoeloe-Natal se lowerige groen suiker riet plantasies in 1996 en 1997 gebruik as sy eie slagveld. Hy het die polisie laat kopkrap, totdat dit aan die lig gekom het dat een vrou uit sy kloue ontsnap het en Thwala kon uitken ….. Webpage · Find more from JacPod

Die moord op Gabriela Kabrins Alban
2025/4/15 | 42 mins.
Die poskaart mooi Kampsbaai in Kaapstad was in 2015 in die wêreld se soeklig toe ’n Amerikaanse toeris gru vermoor gekry is in een van die kamers van ’n luukse hotel. Gabriela Kabrins Alban en haar kêrel van Guatamala was in Suid-Afrika, waar hy behandeling gekry het vir sy dwelm verslawing. Die polisie ondersoek sou in eienaardige rigtings gaan van alternatiewe medisyne, hallusinerings en die moontlike betrokkenheid van ’n berugte internasionale bende. Dit als gemeng met miljarde rande se familie trust fondse ……. Webpage · Find more from JacPod

Die moord op Isaac Miggels
2025/4/08 | 24 mins.
Die 8-jarige Isaac Miggels het uitgesien na ’n sorglose Desember vakansie op ’n plaas in die Wes-Kaap, maar min het hy sy ouers geweet watter dodelike gevaar vir hom wag. Miggels se ouers het hom plaas toe gestuur om by sy twee ouma’s te gaan kuier, juis omdat hulle nie wou hê hy die hele skool vakansie en Fees Seisoen in die gevaarlike strate van hulle buurt op die Kaapse vlakte moes spandeer nie. ’n Stryery met drie ander jong seuns op die plaas het egter gelei tot ‘n tragedie wat die familie se vakansie planne in ’n dodelik nagmerrie laat ontaard het... Webpage · Find more from JacPod

Die Modimolle Monster
2025/4/01 | 1h 5 mins.
Ina Bonnette het 2012 ingegaan met die hoop dat sy finaal van haar vervreemde man, Johan Kotzé, sou kon skei. Maar Kotze het ’n ander plan in sy kop gehad – hy wou Ina ’n les leer en seker maak haar grootste nagmerrie word bewaarheid. Wat Kotze daardie dag in Januarie in ’n Limpopose dorp aan Ina gedoen het, sou hom ontmasker as die Modimolle Monster. *Hierdie episode het ‘n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor geslags geweld en uiterste geweld teenoor vroue.* Webpage · Find more from JacPod



True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe