PodcastsTrue CrimeTrue Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

JacPod
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe
Latest episode

32 episodes

  • True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

    André Klynsmith se aftreeplanne eindig in sy tragiese moord

    2026/04/21 | 36 mins.
    André Klynsmith se hunkering na ’n droom aftrede saam met sy vrou het in sy tragiese moord geëindig, met ’n verstommende kinkel oor die ware moordenaar. Hy het in 2016 afgetree met al sy planne in plek. André het uiteindelik weer liefde gevind en daarna uitgesien om sy aftrede met sy nuwe vrou te deel, saam met haar te reis en rondtes gholf met vriende te geniet. Wat André egter nie geweet het nie, was dat sy hunkering na ’n sorgvrye en liefdevolle aftrede teen hom gebruik sou word en hom sy lewe sou kos. Webpage · Find more from JacPod
  • True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

    Die berugte Station Strangler reeks moordenaar

    2026/04/14 | 51 mins.
    Suid-Afrika het in 1994 geleef onder ’n reënboog van vreugde met die aanvang van demokrasie en die gevoel van vryheid. In die Mitchells Plein gebied van die Wes-Kaap was ouers egter vasgekeer in angs nadat die liggame van jong seuns gekry is – almal op diesefde gru wyse vermoor. Inwoners was verder geskok oor die identiteit van die man wat as die Station Strangler aangekla sou word.

    Maar was hierdie die ware oortreder? Webpage · Find more from JacPod
  • True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

    Die Ponzi-slenter van Craig Warriner

    2026/04/07 | 35 mins.
    Die BHI Trust het in 2023 soos ’n huis van kaarte inmekaar getuimel en ’n Ponzi-skema aan die lig gebring waarin meeste van die beleggers alles verloor het. Craig Warriner is eens beskou as ’n gerespekteerde en betroubare belegger wat vir jare lank die geld van miljoenêrs, sowel as gewone Suid-Afrikaners, belê en help groei het. Dit het alles verander een oggend in Oktober 2023 toe die beleggingsballon gebars en die slenter aan die lig gekom het. Derduisende mense se maandelikse dividende het deel geblyk te wees van dié reuse misdaad en hulle lewens en toekoms is vir ewig deur die BHI Trust geraak. Webpage · Find more from JacPod
  • True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

    Die Matjane-gesinsmoorde en die hofsaak oor die impak van alledaagse pynpille

    2026/03/31 | 56 mins.
    Dit was 'n middag in April 2015 toe 'n verhaal oor kindermoorde ontvou het, soos wat nog nooit vantevore in Suid-Afrikaanse howe gesien is nie.

    Rehithile Matjane het aangevoer dat 'n kombinasie van alledaagse pille en medikasie daartoe gelei het dat sy haar twee jong seuns koelbloedig na skool in Hammanskraal dood geskiet het. Van hierdie pille was vir erge kopsere en maagkrampe. Of was haar motief dalk baie meer voor die hand liggend? Webpage · Find more from JacPod
  • True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

    Die Moord op Ria Womarans in Botswana

    2026/03/24 | 56 mins.
    Tienie en Ria Wolmarans het in die 1990s besluit om Botswana toe te trek na die Phakalane buurt in die hoofstad Gaberone, wat hulle gehoor het veiliger was as in Suid-Afrika. Daar was goeie skole, werks geleenthede en ’n goed gevestigde Suid-Afrikaanse gemeenskap. Min het Ria egter geweet dat hierdie hervestiging haar lewe sou kos, en ook daartoe lei dat ’n Suid-Afrikaners in Botswana tereg gestel sou word. Webpage · Find more from JacPod

More True Crime podcasts

About True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale regoor die land. Seisoen 4 sluit ook 'n episode in waar die moord se tentakels gestrek het tot in naburige Botswana. True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks. Sy is ook die skepper van die gewilde I Lived Through This potgooi-reeks. Nicole is die skrywer van vier ware misdaad boeke, insluitende die jongte Bare Bones: Cold Cases from True Crime South Africa (gepubliseer in Afrikaans as Klipkoud). Nicole werk ook met TV produksie maatskappye saam om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. Toekennings vir True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: * Top 10 Potgooi reekse vir 2025 op Spotify South Africa * Brons toekenning by die 2025 Bookmark Awards * Top 5 Episodes op Spotify in 2024 * Silver toekenning in die Misdaad Kategorie by die 2024 South African * Podcasters Guild Toekennings * Goue toekenning by die 2023 New Generation Awards * Brons toekenning by die 2023 Bookmark Awards * Top 5 potgooi reekse op Spotify 2022 Meer oor True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware verhale van opgeloste en onopgeloste misdade. Dis een van die enigste misdaad potgooi reekse wat nie net fokus op die misdaad self nie, maar spesifiek ook op die slagoffers. Van die episodes strek meer as ’n eeu terug, terwyl daar in ander geluister kan word oor ’n meer onlangse verhaal wat Suid-Afrika tot stilstand geruk het. Luister by jacarandafm.com of op Spotify en Apple Podcasts!
Podcast website

Listen to True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe, Crime Junkie and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: Podcasts in Family

  • Podcast Mevrou Mevrou
    Mevrou Mevrou
    Comedy, Personal Journals, Society & Culture