
Episode 18 - Krismis en Klets
2025/12/16 | 1h 9 mins.
In hierdie feestelike episode sit Mia en Ricia en gesels oor alles wat Kersfees vir hulle besonders maak. Hulle deel persoonlike stories, nostalgiese herinneringe en ’n paar verrassings oor hul unieke benaderings tot die feestyd.Hier’s waarna jy kan uitsien:✨ ’n Classic KersfeesWat maak ’n “regte” Kersfees vir hulle? Van familie-chaos tot rustige oggende – hulle vertel wat telkens hul harte laat opwarm.🍽️ Kersfees-kos wat moet weesHulle bespreek die geregte wat onmisbaar is op die Kersdagtafel, en watter disse hulle absoluut elke jaar móét insluit.🎁 Hul gunsteling dele van die feestydVan geskenke tot musiek, en alles tussenin. Hulle verklap watter oomblikke jaar ná jaar die meeste blyplek in hul harte kry.🎄 Kerstyd tradisiesMia en Ricia vertel van die tradisies waarmee hulle grootgeword het – én dié wat hulle self begin het.🌟 Ricia deel hoe sy Kersfees vir haarself nuut gemaak het, en hoe dit haar manier van viering verander het.Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)

Episode 17 - Glinster en Teaterligte: ons “Chicago” avontuur
2025/12/02 | 44 mins.
In hierdie episode neem Ricia en Mia julle saam op ’n glinsterende rit teater toe! Terwyl hulle in die kar sit—Mia agter die stuurwiel en Ricia nog besig om haar makeup klaar te kry—gesels hulle oor hul gunsteling live optredes, vorige teater-ervarings en selfs ’n paar staaltjies uit hul dae as redenaars.Met ons splinternuwe VIP-kaartjies vir die ikoniese musiekblyspel Chicago, is die opwinding hoog… maar die verrassings wat wag, nog hoër.Die tweede helfte van die episode speel af ná die show, waar Ricia en Mia hul vars indrukke deel: wat hulle verstom het, wat op die verhoog uitgeblink het, en presies watter bederf die VIP-ervaring ingesluit het.Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)

Episode 16 - Kultuur met ‘n Kinkel
2025/11/18 | 1h
In hierdie week se episode delf Ricia en Mia diep in die wêreld van werkskulture – daardie onsigbare, maar kragtige faktor wat jou daaglikse werkervaring maak… of breek.Hulle deel hul persoonlike ervarings in vorige werksomgewings: die goed, die sleg, en alles tussenin. Saam ondersoek hulle vrae soos:Hoe verander ’n mens ’n bestaande organisasie se kultuur?Wat maak ’n werksplek vir hulle werklik lekker en volhoubaar?Mia vertel ook hoe sy ’n aktiewe rol speel in haar huidige werksplek se kultuuropbou – van klein, alledaagse gewoontes tot doelgerigte inisiatiewe wat saam ’n positiewe, ondersteunende ruimte vorm.Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)

Episode 15 - Van Visie na Werklikheid?
2025/11/04 | 1h 13 mins.
In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor die gewilde konsep van “manifesting” – daardie idee dat jy iets in jou lewe kan “inspreek” deur jou gedagtes, energie en intensies. Hulle vra die groot vrae: Is dit regtig moontlik om sekere energie in die wêreld in te stuur? En nog belangriker – gaan dit teen Christelike waardes, of kan geloof en manifestasie dalk hand-aan-hand loop?Die twee delf ook in die verskillende tipes manifestasie.Terwyl hulle oor die jaar reflekteer, raak dit persoonlik:Ricia vertel hoe sy al by haar vierde werk van die jaar is, en wat sy daaruit geleer het oor aanpasbaarheid en identiteit.Mia deel haar mooi (en snaakse) stories oor die twee nuwe liefdes in haar lewe – en hoe dit haar perspektief op liefde en tyd verander het.En natuurlik praat hulle oor reis – hoe Mia probeer het om meer local travels in te werk, en watter avonture nog op haar bucket list bly.Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)

Episode 14 - Deel 2: As kind, as ouer
2025/10/21 | 1h 4 mins.
In dié episode gesels Mia en Ricia oor die reëls waarmee hulle grootgeword het – van die kinder tafel tot die Tandemuis – en hoe hulle as grootmense van vandag dalk dinge bietjie anders sou doen.Hulle delf in vrae soos: • Moet kinders nog steeds aan ‘n aparte tafel sit? • Is daar plek vir Kersvader én eerlikheid? • Hoeveel sakgeld is genoeg, en hoe leer ons kinders oor begroting? • Is screentime altyd die vyand? • En wat van hare kleur en tattoos – rebellie of selfuitdrukking?Dis ’n eerlike, humoristiese en soms diep gesprek oor hoe die wêreld verander het, en hoe ouer word beteken om jou eie reëls te heroorweeg. Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)



EWE ANDERS 🎙️