Die Suid-Afrikaanse musikant Bobby van Jaarsveld het ouers gewaarsku nadat sy seun 90% van sy sig verloor het.
Hy het onlangs op sosiale media gewaarsku oor ’n eenvoudige speelding waarmee baie kinders al jare lank speel.
In sy Facebook-plasing het die sanger gedeel dat sy seun, Leben, 90% van sy sig verloor het nadat daar ’n laser in sy oog geskyn is.
Breakfast with Martin Bester het met Van Jaarsveld oor die insident gesels.