Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico.
Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom.
"Ne...
‘Net nog enetjie’ | 2024: Die jaar van groot politieke verandering | Ep. 26
In hierdie laaste episode vir 2024 van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en gasaanbieder dr. Theo de Jager oor alles wat in 2024 gebeur het. Die ANC het mag verloor, John Steenhuisen se Moonshot-pakt het toe omvorm in ʼn regering van nasionale eenheid en Jacob Zuma het weereens opgestaan uit die politieke dood. Nou is die vraag: Gaan die RNE dieselfde tyd volgende jaar nog vir mekaar kerskaartjies stuur of is hierdie hulle eerste en laaste Kersete saam? ‘Net nog enetjie’ | 2024: Die jaar van groot politieke verandering | Ep. 26
-------- Â
42:56
‘Net nog enetjie’ | Die ANC se innerlike konflik oor Bela | Ep. 25
'Net nog enetjie' | Die regering skik met Solidariteit oor Bela | Ep.24
In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die regering en Solidariteit wat geskik het oor die Bela-wetgewing. Die burgerlike samelewing het die afgelope maande met die regering onderhandel om Afrikaanse skole te probeer red – nou het die presidensie en die departement basiese onderwys ʼn skikking onderteken wat die bedreiging teen Afrikaanse skole afweer. 'Net nog enetjie' | Die regering skik met Solidariteit oor Bela | Ep.24
Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico.
Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom.
"Net nog enetjie" word vervaardig deur Maroela Media.