150 episodes
- In hierdie week se episode van Wiele2Wiele sluit Waldo van der Waal van kykNET se gewilde motorprogram La’t Wiel by die span aan om oor Geely se nuwe Coolray te gesels.
Hulle vertel jou meer oor die nuwe Tesla Roadster en kyk ook na Discovery Insure se bestuurderbystandstelsel wat daarop gemik is om padveiligheid te bevorder. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media - In hierdie week se episode van Wiele2Wiele klim hulle agter die stuur van Volkswagen se nuwe T-Roc in en word aangenaam verras deur dié gewilde sportnutsvoertuig. Daarna vat hulle jou terug in tyd met ‘n 1974 VW Kewer. Engen Xtreme deel waardevolle wenke, en jy kan op Cape Moto Co kan staatmaak vir al jou motorfietsbehoeftes. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
- Hierdie week vir Wiele2Wiele gesels en redeneer hulle oor twee uiteenlopende bakkies – JMC se Vigus en die VW Amarok PanAmericana 3.0L V6. Hulle gesels met Bobby Ramagwede van die AA oor interessante onderwerpe en staan breëbors-trots oor Tristin Pienaar se indrukwekkende renresultate in Donington Park, Engeland. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
- Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie baie uiteenlopende padtoetse — die Chery Tiggo 4 Cross LiT, die Changan Hunter REEV K50 en die GWM Ora 5 HEV. Die span deel hul eerlike indrukke van dié drie nuwe Chinese spelers en kyk wat die voertuie in ’n al hoe meer mededingende mark bied.
Vir die tegniese wenk van die week, gee hulle praktiese wenke oor hoe om jou voertuig langer te laat hou — want ’n bietjie voorkomende instandhouding kan jou later baie geld spaar. En dan is dit tyd vir Motorsport! Hulle neem jou saam na die Algoa Nasionale Tydren, waar Mark Jones en sy navigator Kes Naidoo, die Toyota GR Yaris tot sy uiterse beproef. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media - Hierdie week begin Wiele2Wiele op ‘n hartseer noot, met die vrouemoorde in Ekurhuleni en die tragiese sterftes van renjaers Robert Wolk en Marcel Angel. In reaksie op die vrouemoorde gesels hulle met die AA se uitvoerende hoof, Bobby Ramagwede, oor ’n spesiale 30-dae gratis gewapende reaksiediens vir vroue.
Hulle vertel jou van Nampo Kaap saam met Jaguar Land Rover en hulle Defender-reeks op uitstalling. Mazda stel dan hulle splinternuwe CX-5 sportnuts bekend. Vir 2Wiele fokus hulle onder andere op Darryn Binder wat die MotoAmerica Supersport-kampioenskap beklink het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
More Automotive podcasts
Trending Automotive podcasts
About Wiele2Wiele
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Podcast websiteListen to Wiele2Wiele, Smith and Sniff and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app
- Stations and podcasts to bookmark
- Stream via Wi-Fi or Bluetooth
- Supports Carplay & Android Auto
- Many other app features
Get the free radio.net app
- Stations and podcasts to bookmark
- Stream via Wi-Fi or Bluetooth
- Supports Carplay & Android Auto
- Many other app features


Wiele2Wiele
Scan code,
download the app,
start listening.
download the app,
start listening.
Wiele2Wiele: Podcasts in Family

















