Skip to content
Radio Logo
PodcastsRugbyRapport Praat Sport

Rapport Praat Sport

Netwerk24 Klankgolwe
Rapport Praat Sport
Latest episode

118 episodes

  • Rapport Praat Sport

    Greatest Rivalry: Ons Speler van die Reeks is...

    2026/09/16 | 25 mins.
    In dié week se episode van Rapport Praat Sport deel ons toekennings uit: Die beste speler van die Greatest Rivalry-reeks, die beste voorspeler, agterspeler en die grootste oomblik.

    Ons kyk ook na wie onderpresteer het en sê wie vir ons die verrassingspakkie was.

    Wie was jou Speler van die Reeks? Laat weet ons by 076 878 1787 of per e-pos na briewe@rapport.co.za. Sport | Rapport
  • Rapport Praat Sport

    Greatest Rivalry bewys SA sal ’n vyfster-WB kan aanbied

    2026/09/09 | 20 mins.
    In dié week se episode van Rapport praat sport praat ons oor die Suid-Afrikaanse been van die Greatest Rivalry-reeks wat ’n feesmaal vir rugbyliefhebbers was.

    Hoe lekker sal dit nie wees as Suid-Afrika weer ’n Wêreldbeker-toernooi kan aanbied nie, met toetse in nuwe stadions soos Soccer City en die Kaapstad-stadion!

    Hendrik Cronjé sê die reeks teen die All Blacks het juis soos ’n Wêreldbeker gevoel.En dan, op ’n ander noot, hoeveel maak die Baltimore-toets werklik saak?

    Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
  • Rapport Praat Sport

    Dave Rennie is slinkser as wat jy dink!

    2026/09/02 | 17 mins.
    Dave Rennie weet presies hoe om subtiele boodskappe by skeidsregters uit te kry. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor, en die fel bekgevegte wat steeds onverpoosd voortwoed.

    Jóhann Thormählen sê hy wonder of die Kiwi’s nie dalk in Richie Mo’unga se rigting moet begin kyk nie.

    Hy is ook bly Rennie het by Scott Robertson oorgeneem as die All Blacks se hoofafrigter – want nou het ons ’n vuurwarm en uiters mededingende Greatest Rivalry-reeks.

    Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
  • Rapport Praat Sport

    Rassie bieg oor sy fout: ‘Ek moes Jesse op 13 hou’

    2026/08/26 | 15 mins.
    Rassie Erasmus het vandeesweek verskeie kere die skuld aanvaar vir die Springbokke se nederlaag van 16-33 teen die All Blacks in die eerste Greatest Rivalry-toets op Ellispark.

    Een fout wat hy gemaak het, is volgens hom om Jesse Kriel na vleuel te skuif ná Kurt-Lee Arendse se besering en sodoende sy middelveldkombinasie te ontwrig. In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor wat hy sê hy liewer moes doen.

    Ons kyk ook vorentoe na Saterdag se tweede toets.

    Hendrik Cronjé glo as die Bokke een of twee verstellings maak, kan hulle Saterdag in Kaapstad met 15 punte wen.

    Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
  • Rapport Praat Sport

    Greatest Rivalry: Bekgevegte is Wêreldrugby se skuld!

    2026/08/19 | 19 mins.
    Die woordoorloë en kopspeletjies is in volle gang voor Saterdag se groot eerste toets van die Greatest Rivalry-reeks.

    Die All Blacks kla dat die Springbokke vertragingstaktiek in wedstryde inspan. Die Bokke sê nou weer die Kiwi’s duik met hul skouers by afbreekpunte in.

    Waarom dié felle bekgevegte? Dit is ’n gevolg van Wêreldrugby se nuwe skeidsregtersprotokolle, sê ons in vandag se episode van Rapport Praat Sport.

    Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
More Rugby podcasts
About Rapport Praat Sport
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.
Podcast website

Listen to Rapport Praat Sport, The Lekker Rugby Pod! and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features
Rapport Praat Sport: Podcasts in Family