
Hierdie preek is nie vir jou bedoel nie | Stephan Joubert
2025/12/28 | 24 mins.
Soms verras Jesus ons juis wanneer ons dink ’n boodskap is vir “ander mense” bedoel. Wat as God jou juis in dié oomblik wil aanraak, uitdaag of bemoedig? In die boodskap neem Stephan Joubert ons op ’n reis om te ontdek hoe God se Woord ons op onverwagte maniere vind. Selfs wanneer ons dink dit gaan nie oor ons nie. #eKerk #eKerkLewendig #Preek

As God self Sy hande vuil maak | Pierre Engelbrecht
2025/12/25 | 19 mins.
Met Kersfees vier ons die ondenkbare: die God van die hemel klim in ons wereld in. Nie op afstand nie, maar met Sy hande vuil, daar waar mense leef, huil, hoop en sukkel. Hierdie Kersdag ontdek ons saam hoe God se koms na die krip wys dat Hy naby is… nie bang vir ons gebrokenheid nie… en aktief betrokke in ons wêreld. Kuier saam met Pierre Engelbrecht, waar ons die diep betekenis van Jesus se menswording vier. #eKerk #eKerkLewendig #Preek #Kersdag

Kersfees is ’n interessante tyd | Johan Beukes
2025/12/21 | 18 mins.
Kersfees bring elke jaar ’n unieke mengsel van vreugde, herinneringe, verwagting en soms ook spanning. Dit is inderdaad ’n interessante tyd. En juis dáár ontmoet God ons. Kom kuier saam met Johan Beukes, waar ons ontdek hoe God in hierdie seisoen werk op maniere wat ons dikwels miskyk. #eKerk #eKerkLewendig #Preek

Lewe tussen die reeds en nog nie | Pierre Engelbrecht
2025/12/14 | 23 mins.
Ons leef elke dag in daardie heilige spanning: God het reeds begin werk in ons, maar Sy volmaakte nuwe wêreld is nog nie ten volle hier nie. Hoe leef ons getrou, hoopvol en vol geloof in hierdie tussenruimte? Kuier saam met Pierre Engelbrecht, waar ons saam ontdek hoe God ons vorm in die “reeds” en ons dra in die “nog nie.” #eKerk #eKerkLewendig #Preek

Jesus, meer as net my Verlosser | Stephan Joubert
2025/12/08 | 27 mins.
Ons het verlede Sondag saam gekyk hoe om goed te doen soos God. Maar wie is die Een wat ons verander, lei en dra? Hierdie week ontdek ons dat Jesus meer as net ons Verlosser is. Kuier saam met Stephan Joubert, waar ons saam nadink oor wat dit beteken wanneer Jesus nie net verlos nie, maar alles in ons lewe word. #eKerk #eKerkLewendig #Preek



ekerk Lewendig | Die Podcast