Terwyl die ANC politieke teater speel, word regte mense se lewens elke dag geraak. Vir die regering mag dit dalk net speel-speel wees, maar die gevolge is werklik: Duisende mense verloor hul werk en sukkel om vir hul gesinne te sorg as gevolg van die besluite wat geneem word. In hierdie week se episode gesels Dirk Hermann met Connie Mulder oor hoe rassewette teen 2030 beëindig kan word. Die rasbuffel moet val, en ons sal nie rus totdat dit gebeur nie.