
Zander van der Westhuizen - 9 November
2025/11/09 | 32 mins.
Op Sondagaand se Gospelprogram het Zander van der Westhuizen met Dr Marinda van Niekerk en Mientjie & Wouter Prozesky oor die stryd vir Baba-reddingsbokse gesels. Marinda is van PEN en Mientjie & Wouter van Rock of Hope. Hulle organisasies doen wonderlike werk in Pretoria. Roelene Botes het ook haar getuienis kom deel. Sy is destyds in ’n stormwaterpyp gevind. Vandag, deur die Here se genade, leef sy haar roeping as onderwyser en kinderwerker uit.

Jennifer Myburgh gesels met Cisca Adamson oor Die Media Impact Konferensie
2025/7/21 | 5 mins.
Jennifer Myburgh het met die Kommunikasie bestuurder van TBN Africa, Cisca Adamson, gepraat oor die Die Media Impact Konferensie.

Zander van der Westhuizen gesels met Leon van der Merwe - 01 Junie
2025/6/01 | 23 mins.
Zander van der Westhuizen gesels oor die werk van die Gideons , Leon van der Merwe - Uitvoerende direkteur van Die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika - hulle gesels oor die werk van die Gideons

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei
2025/5/17 | 20 mins.
Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel. (Cycling Buddies: https://www.facebook.com/profile.php?id=61576715810276)

#Grootbiddag - Jennifer Myburgh en Maynie Kasselman - Gebed vir Pretoria Deel 3
2025/4/25 | 13 mins.
Emile Raubenheimer van PopUp het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Jennifer en Maynie gesels oor gebed vir ons stad. Francois Botha sluit ook ons Biddag 2025 met worship en gebed. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.



Ander programme