143 episodes
- Om te sien wat Jesus sien. Om te kyk soos Jesus kyk. Dis baie mooi gedagtes en absoluut die regte manier van dink en doen, maar dis makliker gesê as gedaan. Kom luister gerus na die Here se Woord oor hoe om die wêreld ‘n mooier en beter plek vir jouself en ander te maak. Kom leer om te sien soos Jesus sien.
- Jesus vat kortpad deur Samaria. Nee Hy moet! Hy het ‘n afspraak met die “verkeerde” persoon - ‘n Samaritaanse vrou by die put van Sigar wat nie juis bekend is vir haar mooi sedelike lewe nie. Jesus sien haar egter in genade raak. Hy wys vir haar sy is in die teenwoordigheid van God Self. Haar lewe word nuut. Dadelik meld sy aan in God se diens as sy vir almal in haar dorp gaan vertel Wie sy ontmoet het. Die gevolg is dat almal daar ook ontdek Jesus is die Redder van die wêreld.
- Hoe donker is donker werklik? Hierdie week gaan loer ons in op ‘n gesprek wat in die nag plaasgevind het en ontdek ons die Jesus wat mooi maak – selfs daar in die NAG van iemand wat verward is, nuuskierig is, aangespreek word en uiteindelik ‘n keuse maak...
- Jesus word sigbaar deur die brood wat ons uitdeel – dit is wat Jesus-volgelinge hulle mee besig hou wanneer hulle weet hulle is gered, en hulle is vrygespreek... hulle kies om Jesus sigbaar te maak vir mense rondom hulle. Hoekom? Want die wêreld word ‘n beter plek wanneer mense in Jesus glo.
More Religion & Spirituality podcasts
Trending Religion & Spirituality podcasts
About Kerksondermure (KSM)
Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.
By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.
Podcast websiteListen to Kerksondermure (KSM), Live Free with Josh Howerton and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app
- Stations and podcasts to bookmark
- Stream via Wi-Fi or Bluetooth
- Supports Carplay & Android Auto
- Many other app features
Get the free radio.net app
- Stations and podcasts to bookmark
- Stream via Wi-Fi or Bluetooth
- Supports Carplay & Android Auto
- Many other app features


Kerksondermure (KSM)
Scan code,
download the app,
start listening.
download the app,
start listening.





































