94 episodes
- Rachel vertel Magriet die besonderhede van al die sake wat haar raak. Dis onaangename inligting, maar die volle waarheid moet uit. Rachel het ʼn verrassing vir die kaptein. Vincent daag by die kaptein se huis op en gee ʼn nuwe wending aan die verloop van sake.
- Louis Ludik dring daarop aan om eers met Rachel alleen te praat voor dat hy met enige polisieman praat. Die kaptein wil hê Rachel moet die geleentheid gebruik om Gert Greef en Rampies Reyneke se weergawes van die bankroof te bevestig. Wat het van Sally Bruinders geword?
More Drama podcasts
Trending Drama podcasts
About Die bankroof – ’n vervolgverhaal
Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn.
Kaptein Van Rooy, reeds oorlaai met onopgeloste sake, moet die ondersoek hanteer terwyl die media en inwoners druk uitoefen. Sy eksvrou, die ondersoekende joernalis Rachel Wolvaardt, arriveer ook en bemoeilik sake verder.
Verskeie dorpenaars met eie agendas en geheime word betrek: Juliana Julies, ʼn ambisieuse sakevrou; Magriet Manders, wat antwoorde oor haar man se moord soek; Vincent Vogel, wat sy verlede probeer ontvlug; Nettie en Shirley, twee ondernemende vriendinne; en Philip Putter, ʼn ryk boer met ʼn tragiese geskiedenis.
Die verhaal ontvou oor 60 episodes en kombineer spanning, misterie en drama, terwyl ou geheime onthul en verhoudings getoets word.
Die bankroof is vervaardig deur Bettie Kemp. Die karakters word vertolk deur Anton Schmidt as Kaptein, Ria Smit as Magriet, Marina Coetzee as Rachel, Johny Klein as Vincent, Bettie Kemp as Juliana, Claudia Jones as Shirley, Nadia Beukes as Nettie en Leon van Nierop as Phillip.
Tegniese versorging is deur Marius Vermaak, en die vervolgverhaal is in Maroela Media se ateljee opgeneem.
Podcast websiteListen to Die bankroof – ’n vervolgverhaal, The Lesbian Romantic - Immersive Stories and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app
- Stations and podcasts to bookmark
- Stream via Wi-Fi or Bluetooth
- Supports Carplay & Android Auto
- Many other app features
Get the free radio.net app
- Stations and podcasts to bookmark
- Stream via Wi-Fi or Bluetooth
- Supports Carplay & Android Auto
- Many other app features


Die bankroof – ’n vervolgverhaal
Scan code,
download the app,
start listening.
download the app,
start listening.
Die bankroof – ’n vervolgverhaal: Podcasts in Family



























