PodcastsChristianityRadio Scriptura

Radio Scriptura

scriptura.co.za
Radio Scriptura
Latest episode

393 episodes

  • Radio Scriptura

    Perspektief - April 2026

    2026/05/05 | 41 mins.
    Onderwerpe van bespreking vir vandag is die genadedood of bystanddood wetgewing wat oorweeg en gedryf word om goedkeuring te verkry in Suid-Afrika. Wat is die argumente daarvoor, en wat is die plek en doel van lyding in die christen se lewe? Is daar enige gronde vir genadedood volgens die Bybel?
    En dan is die Weste ook geweldig besig om Islam in die samelewing te omhels ten opsigte van sosiale aanvaarding, geestelike tegemoetkoming en 'n algemene plek vir hierdie afgodsdiens. Wêreldwyd is lande besig om dit al hoe minder teen te staan, en Islam word sonder werklike bewustheid van die bedreiging wat dit inhou, en tot groot kommer, omarm as 'n vriend.
    AI, of Kunsmatige Intelligensie, word vir vele doele aangewend deur alle soorte industrieë met groot sukses, maar... hoe behoort ons as christene daarmee om te gaan, dit ten goede te gebruik, en waarteen moet ons waaksaam wees?
  • Radio Scriptura

    Tekskritiek - 'n Onderhoud met Professor Jorrie Jordaan

    2026/04/28 | 50 mins.
    Besit ons steeds die onvervalste evangelie?  Wat is tekskritiek, en hoe is die bybel - spesifiekdie nuwe testament - onder gelowiges in die eerste drie eeue na Christus versprei? Hoe is die bybel vertaal, en hoe het die evangelie behoue gebly, en het die handgeskrewe afskrifte hoofsaaklik ooreengestem? 
    As die bybel oorgeskryf is deur mense, kan ons daarop staatmaak dat dit 'n goeie kopie van die oorspronklike woord van God is?  Is die Heilige Gees en die openbaring van God afhanklik van menslike vertalings en oorlewering? 
    Vertalings is betroubaar in sovere hulle die Griekste teks volg wat die Here in sy woord gegee het. Die Here het dit so beskik en ons kan dit vandag in meeste tale kan lees en vertrou.
  • Radio Scriptura

    Apologetiek - Wat is apologetiek?

    2026/04/21 | 39 mins.
    Hoe lyk die christelike of bybelse wêreldbeeld?  Wat is apologetiek en waar pas dit in my geloofslewe in?  Moet ek die waarhede van die Woord van God, of my geloof in die waarheid van God in die publiek en algemene samelewing verdedig? Wat is die doel van apologetiese getuienis of redenasies met ongelowiges of soekendes? Is ek gereed om 'n verdediging aan te bied om die leuens oor God teen te staan in my naaste se hart? 
    1 Petrus 3:15 leer vir ons "Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees.."
  • Radio Scriptura

    Wat sê die vers? Johannes 12:32

    2026/04/14 | 24 mins.
    "En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek."

    Waaraan is Jesus se verhoging gekoppel? Trek Jesus "alle" mense na Hom toe? Hoeveel kan ons as mense bydra tot ons aangetrokkenheid tot God? Hoe verskil universalisme van die gereformeerde leer oor die uitverkiesing?
    En waarna verwys Jesus as Hy net voor hierdie gedeelte in vers 23 sê "Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik sal word…"?
    Waarin lê ons troos en hoop as gelowiges? Kan ons troos vind in die wete dat God alle ware gelowiges vir sy koninkryk uitverkies het voor die grondlegging van die aarde, en ons na Hom toe getrek het?
  • Radio Scriptura

    Paasfees ... en mense wat daar was

    2026/04/02 | 44 mins.
    Tydens Paasfees kan ons lees en dink oor die getuienis van al die mense wat voor, tydens en na Jesus se kruisiging by Hom was, en alles waargeneem en ervaar het.  Dan sien ons mooi hoe ons met elkeen van hulle kan vereenselwig, en soortgelyke swakhede het.  Ons besef weereens ons groot nood vir Christus se verlossing, maar veral hoe groot God se genade is.

More Christianity podcasts

About Radio Scriptura

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Podcast website

Listen to Radio Scriptura, Plug Pod with Stephanie Ike Okafor and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features