Radio Scriptura

scriptura.co.za
Radio Scriptura
Latest episode

380 episodes

  • Radio Scriptura

    Pastoraal: Konflik in die Kerk

    2026/1/27 | 24 mins.
    Mag en moet daar konflik in die kerk wees? Hoe moet ons dit in die huisgesin van God hanteer? Wat is ons verantwoordelikhede teenoor God heel eerste, en teenoor ons broers en susters in die kerk?

    Kan ons bekostig om die waarheid op die altaar van vrede te offer? Watter groei sal daar dan wees? Moet ons konflik ten alle koste vermy in die kerk ter wille van die aanvaarding van mense, of moet ons die waarheid van God se woord heel eerste stel? Is God se vrede dieselfde as wêreldvrede? Wat dryf vrede in die kerk?

    Vier aspekte van konflik in die kerk is onder bespreking:
    - Wie se huis is die kerk?
    - Is alle konflik verkeerd?
    - Wat is elke lidmaat se verantwoordelikheid?
    - Hoe behoort ons konflik in die huisgesin van God te hanteer?
  • Radio Scriptura

    Pastoraal: Sosiale media en my kind

    2026/1/20 | 43 mins.
    Ons beleef 'n aktiewe invloed van sekularisme op sosiale media, en ons kan die verwoesting wat die "virtuele god" in ons samelewing aanrig, duidelik sien in die siek geestestoestand van ons jong mense.

    Waarom raak ons kinders verslaaf aan aanlyn speletjies en sosiale media?
    Kan dit wees dat hulle verhonger is?
    Spandeer ons genoeg persoonlike, kwalieit tyd met hulle?

    - Hoe beinvloed sosiale media ons kinders se normes, waardes en geloofsoortuiging?  
    - Wat is die invloed daarvan op ons kinders se denke, speeltyd en wêreldbeskouing?  
    - Kan jy kies wat vir jou kind gevoer word, en het jong kinders daardie wysheid en insig in pag om positiewe sosiale media te kies? 
    - Watter rol speel tegnologie en sosiale media op kinders se selfbeeld, verhoudings, sosiale - vaardighede en geestesgesondheid?  
    - Het sosiale media beheer oor jou en jou kind, en hoe vorm dit jou kind fisies, emosioneel en sosiaal? 
    - Wat is die wesenlike gevare van te veel sosiale media?
    - Hoe kan ons balans vind en riglyne instel, ten einde ons gesin se veiligheid te bewaak
  • Radio Scriptura

    Wat sê die Vers? 1 Thes 5:21

    2026/1/13 | 26 mins.
    Wat is die tema en konteks van die boek 1 Thessalonisense?  Wat staan in die gedeelte voor die teksvers?  Gaan die vers oor die toets van lekker dinge en versoekings van die lewe, of oor die meet van die geestelike gawes van christene aan die Woord van God?  Leer die Bybel ons om die versoekings van hierdie lewe uit te toets, of om pro-aktief sonde teen te staan?
    Daar bestaan twee strome van dwaling oor die 1 Thessalonisense 5:21.  Een is om die ervarings en versoekings van die aardse bestaan uit te toets vir menslike genot, en die ander dwaling is oor die gawes van die Heilige Gees.
    Die woord was nog in verbale vorm oorgelewer en oorvertel aan die heidene in daardie tyd en konteks, en Paulus het mense vermaan om hul lewe en hul gawes aan die Woord van God te meet. Die toets en beproef van vleeslike genot is geensins die bedoeling van die teks nie, maar om sonde teen te staan, is wel.
  • Radio Scriptura

    Terugkyk op 2025

    2025/12/16 | 43 mins.
    Wat 'n voorreg om terug te kyk op 2025!   Die jaar het so baie op gelewer en so vinnig verby gevlieg, maar die Scriptura span het reekse en episodes gepubliseer wat ons eie verbeelding oortref het.  
    AAN GOD AL DIE EER, want in werklikheid was dit episode vir episode, 'n groot genade.  En alles het uitgewerk soos dit moes, en ons is baie dankbaar dat die ses broers in die Here al vir 'n volle agt jaar elke week saam gesels oor die Woord van ons wonderlike God.
    Die bediening bereik duisende mense regoor die wereld, want God het dit so laat gebeur.  Hy gebruik nederige mense om Sy evangelie van redding wêreldwyd te versprei.   En dit het 'n baie positiewe impak op die predikers en aanbieders self, en op die luisteraars, asook op die werkers in die agtergrond meegebring. 
    Ons bedank elkeen wat geluister en gekyk het, en die episodes met vriende en familie gedeel het, want dit is ook natuurlik die uitvloeisel van die aanraking van die Woord van God in elke hart.   Die liefde van God is soos 'n vuur en dit steek harte aan die brand, en ons kan dit nie vir onsself hou nie.
    Bid asseblief vir die volgehoue en getroue verkondiging van die Here se kosbare woord, en vir die bediening om voort te gaan om nog meer mense te bereik vir God se koninkryk.
  • Radio Scriptura

    Luisteraarsvraag: God die Vader en God die "Moeder"?

    2025/12/09 | 23 mins.
    'n Luisteraar vra: "Sondag is God aangespreek as God die Vader, en God die Moeder.  Is dit bybels, of is dit laster, en is dit aanvaarbaar?"  Is God tweeslagtig?  Mag ons God se persoon as sy, haar, moeder, vroulik, vrou en moeder aanspreek?  Kan ons toelaat dat feministiese denke ons kultuur en ons aanbidding kaap?  Is dit aanvaarbaar as mense dit doen, of is dit totaal onbybels en godslasterlik? As hierdie dwaling in jou kerk plaasvind, kan jy hulle oproep tot die waarheid, of 'n bybelse kerk soek?

More Religion & Spirituality podcasts

About Radio Scriptura

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Podcast website

Listen to Radio Scriptura, Plug Pod with Stephanie Ike Okafor and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features
Social
v8.3.1 | © 2007-2026 radio.de GmbH
Generated: 1/31/2026 - 11:54:37 AM