Die romantisering van psigiese gesondheid
Welkom by nog ’n episode van Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.My naam is Daniël Luttig, en ek is ’n Kliniese Sielkundige in die Noordelike voorstede van die Kaap. Elke episode gesels ek met ’n gas oor ’n kwessie wat vir my interessant is, wat alledaags in ons samelewing voorkom, maar wat ook daadwerklik ‘n impak op mense se lewens kan maak. Saam bespreek ons die onderwerp en probeer maniere vind om ons gedagtes te ontwikkel en te navigeer.In die tweede aflewering van my nuwe podsending, bespreek ek en Roslyn Jantjies, ook 'n Kliniese Sielkundige in privaatpraktyk, die sinister tendens van die romantisering en verheerliking van psigiese gesondheid en terapie. Ons glo natuurlik dat bewusmaking belangrik is, maar ons neem waar dat hierdie ernstige onderwerp soms baie ligsinnig behandel word sonder die nodige respek. Ons gesels dus oor:Wat is romantisering van psigiese ongesteldheid?Hoe lyk die huidige landskap van dit op sosiale media?Wat is die effek daarvan op mense, veral adolessente?Teenmiddels vir hierdie tendens?Dink en gesels graag saam met ons!Hierdie podsending-episode is moontlik gemaak in samewerking met die Daniël Luttig Kliniese Sielkunde Inc.-praktyk (https://www.danielluttigpsychology.co.za/).*Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen dokter/kliënt-verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.SADAG (Die Suid-Afrikaans Depressie- en Angsgroep): 0800 567 567 - https://www.sadag.org/index.php?option=com_content&view=article&id=11&Itemid=114Bronne:Ahuja, J., & Fichadia, P. A. (2024). Concerns Regarding the Glorification of Mental Illness on Social Media. Cureus, 16(3). https://doi.org/10.7759/cureus.56631. https://doi.org/10.7759/cureus.56631Issaka, B., Ebenezer, A. K. A., Wood, S. F., & Mohammed, F. (2024). “Anxiety Is Not Cute” Analysis of Twitter Users’ Discourses on Romanticizing Mental Illness. BMC Psychiatry, 24(1). https://doi.org/10.1186/s12888-024-05663-w. https://doi.org/10.1186/s12888-024-05663-wKaterina Jerine. (2024, April 26). Stop romanticizing mental illness. The Vermont Cynic. https://vtcynic.com/opinion/stop-romanticizing-mental-illness/Ndour, A., & Foulkes, L. (2025). The romanticisation of mental health problems in adolescents and its implications: a narrative review. European Child & Adolescent Psychiatry. https://doi.org/10.1007/s00787-025-02701-0. https://doi.org/10.1007/s00787-025-02701-0Punzalan, K. (2019, May 29). Are Depression and Suicide Memes Helping or Making People’s Mental Health Worse? When in Manila. https://www.wheninmanila.com/are-depression-and-suicide-memes-helping-or-making-peoples-mental-health-worse/Shuttleworth, C. (2023, June 28). The Romanticisation of Mental Illness Online. Inspire the Mind. https://www.inspirethemind.org/post/the-romanticisation-of-mental-illness-onlineVolg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/