Hulle sê: “Probeer is die beste geweer...”Maar probeer is nie eers ’n geweer nie — dis ’n woord.Dis ’n werkwoord. Dis ’n wens. Dis daai ding wat jy doen nét voor jy uitvind wie jy regtig is.Om te probeer is dalk die coolste ding ooit.En as iemand weet hoe om mooi te probeer — op die verhoog, in teks, in stiltes en in skielike lagbuie — dan is dit vandag se gas.Hy’s daai ou wat altyd lyk of hy óf pas wakker geword het, óf pas ’n gedig klaargeskryf het. Of altwee.Hy’s ’n akteur wat soms ’n filosoof is, ’n regisseur wat soms ’n berg is, en ’n mens wat altyd ’n beer is — met ’n klein letter b én ’n groot letter B.Hy’t al gehuil met styl, gelag met wysheid, en geskryf soos iemand wat weet hoe stilte klink.Welkom by Praating.Die ou met die coolste naam in die land... Beer Adriaanse.To partner with PRAATING, visit www.praating.com Podcast en video production The Media Farm
--------
1:43:53
--------
1:43:53
ZETSKE VAN PLETZEN
Is mense met siblings beter af as enigste kinders? Dis ’n groot vraag.Een kind kry al die aandag en geskenke, terwyl twee (of ’n trop) kinders klere en aandag moet deel, mekaar moet opvoed en sterkmaak om reg te wees vir die wêreld.Vandag se gas is ’n aktrise wat jy dalk ken uit 7de Laan, Getroud met Rugby, Catch Me A Killer, Diepe Waters, Bakgat! en nog vele meer. Maar haar grootste rol bly haar rol as ma, mens en suster.Sit jul hande bymekaar vir Zetske van Pletzen — my sussie!To partner with PRAATING, visit www.praating.com Podcast en video production The Media Farm
--------
1:37:47
--------
1:37:47
BRENDAN PEYPER
Vandag se gas is soveel meer as net ’n spiertier!Hy is ’n talentvolle sanger en musikant met meer as 115 miljoen views op sy YouTube-kanaal!Hy sport gereeld ’n mullet en ’n snor, en jy kon hom ook sien op Op my Eish — deesdae is hy meer op dun eish.Die man ken van eishskaats! Maak geraas vir die absolute sensasie: Brendan Peyper!To partner with PRAATING, visit www.praating.com Podcast en video production The Media Farm
--------
1:18:08
--------
1:18:08
DEMI LEE MOORE
Elke paar dekades word ons gebless met ’n prinses.In dié geval ’n pop-prinses! Not a pop — ek is nie ’n seksistiese vark nie; vrouens is nie poppe of poplappe nie. Hulle is prinsesse! Dís die enigste aanvaarbare P-woord. Goeiste, moenie my hier vandag opgewerk maak nie!Ons is gelukkig genoeg om die pop-prinses van Afrikaanse musiek vandag hier by ons te hê!Sy drip van talent... not to be confused with Demi Moore.To partner with PRAATING, visit www.praating.com Podcast en video production The Media Farm
--------
1:22:46
--------
1:22:46
ARNO CARSTENS
Hierdie rock 'n roller oorskry die grense van taal met sy musiek, en sy loopbaan strek al oor meer as drie dekades. Tog lyk hy steeds smeulend jonk!Hy bewandel die Aarde reeds lank voordat die meeste van julle nog in julle pa se sak was!Hy het al ’n verhoog én ’n toilet met Bono van U2 gedeel. Nie op dieselfde tyd nie, maar steeds kak impressive!Wat het ’n Springbok en ’n kaal dame in gemeen?'n Arno Carstens.To partner with PRAATING, visit www.praating.com Podcast en video production The Media Farm